Academia Leierskapkursus

Die Academia Leierskapkursus (AcaLEAD) ondersoek en ontwikkel leierskap, en die koshuis Academia koördineer dit in samewerking met die FVZSI. AcaLEAD is daarop gemik om deelnemers bekend te stel aan die begrip ‘leierskap’, die grondliggende elemente daarvan en alle vorme wat dit aanneem. Die kursus fokus ook daarop om deelnemers persoonlik te laat groei en ontwikkel as leiers op globale, nasionale en plaaslike (aan die US) vlak.

Vir meer inligting, stuur 'n e -pos aan ​ fvzs@sun.ac.za.