​US KO-KURRIKULUM  KANTOOR

Die heel belangrikste doelwit van die Universiteit Stellenbosch se Visie 2040 is om ’n unieke, persoonlike studente-ervaring aan elke Matie te bied – ’n ware transformerende studente-ervaring. Ons doel is om jou graduandi-eienskappe te ontwikkel sodat jy ’n burger van die 21ste eeu kan wees en jou volle potensiaal kan bereik – binne en buit die lesingsaal. Die Senaat van die Universiteit Stellenbosch het onlangs ’n nuwe Regulasie vir Ko-kurrikulum Erkenning goedgekeur wat die formele erkenning van ko-kurrikulêre aktiwiteite op die akademiese transkripsie reguleer. Dit beteken dat jou akademiese transkripsie ’n opsomming van alle formele geassesseerde leer, toekennings en prestasies wat jy gedurende jou tyd by die Universiteit behaal het, sal insluit.


 


By die Universiteit Stellenbosch berei ons ons graduandi voor op ’n VUCA-wêreld – ’n wêreld wat deur onbestendigheid (‘Volatility’), onsekerheid (‘Uncertainty’), ingewikkeldheid (‘Complexity’) en onduidelikheid (‘Ambiguity’) gekenmerk word. As ’n gegradueerde sal jy doeltreffend en krities dink, ’n sekere diepte kennis in jou vakgebied bereik en ’n begrip van die maniere waarop jy kennis en begrip van die heelal, die samelewing en die self kan inwin, ontwikkel. Maar wat nog belangriker is, is dat jy in staat sal wees om jou kennis en begrip te gebruik om kreatiewe oplossings vir dringende plaaslike en internasionale kwessies te vind.


Jy kry die geleentheid om by ’n wye verskeidenheid ervaringsgeleenthede in te skakel deur deel te neem aan leierskapprogramme, mentorskap, tutorberading, sport, verenigings, vrywilligerdiens, inisiatiewe om bewustheid te skep, loopbaanadvies en talle ander belangstellingsvelde.


Die nuwe Regulasie vir Ko-kurrikulum Erkenning verseker dat al ons studente – nie net diegene wat in formele leierskapstrukture dien nie – die geleentheid kry dat hul ko-kurrikulêre aktiwiteite op hul akademiese transkripsie erken word.


Afrikaans Ervaringsopvoeding Prospektus.pngCC Designing for Transformative Experiential Learning Series.pngCC Shared Humanity.png

CCExperiential Learning Opportunities.pngCCAcademic Transcript Approved Programmes.pngCC Conferences.png

CC Experiential learning Community of Practice.pngCC Experiential Education Partners.pngCC Competency Framework.png

CC Expression of Interest Form.pngCC Graduate Attributes.pngCC Regulation Document.png



 

Vir meer inligting, kontak:

Kate Roodt: kateroodt@sun.ac.za

Ramone Comalie: ramone@sun.ac.za​​

Ruth Andrews: rutha@sun.ac.za