Centre for Teaching & Learning
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Onderrigportefeuljes

​​​​​​​​

Onderrigportefeuljes is relevant in Hoër Onderwys. Onderrig en leer is 'n kernsaak vir 'n akademikus. Daarom is dit belangrik om u professionele leer in hierdie veld en u navorsing oor, en innovering van, klaskamerpraktyk en nagraadse-studentprestasie deurlopend te monitor en u onderrigfilosofie oor die verloop van tyd te ontwikkel.

​​​​​Een-tot-een-konsultasies, werksessies en AvOL-aanbiedings is beskikbaar vir akademici wat graag hulle onderrigportefeuljes wil skep.

Besskrywing van Portefeuljes​


Uitmuntende portefeulje

Die portefeulje voer oortuigende gronde vir uitnemendheid aan deurdat die akademikus oor veelvuldige aspekte van hul konteks besin, waaronder hul studente, instelling, vakrigting/program en die uitwerking van COVID-19. Die portefeulje bied 'n duidelike beskrywing van die onderrig- en leerpraktyk, en verduidelik waarom die kandidaat daardie bepaalde benadering volg (in die onderrigfilosofiestelling). Die kandidaat se onderrigpraktyk is gegrond op uitgebreide bewyse van die akademieskap van onderrig en leer. Onderrigmetodes is kontekstueel genuanseerd en strook met die onderrigfilosofiestelling. Robuuste en uiteenlopende bewyse word vir die aansprake in die narratief voorsien. Die akademikus is voortdurend op soek na maniere om te verbeter en is daartoe in staat om oor tyd heen en in reaksie op veranderende kontekste of nuwe begrip oor hul eie groei te besin. Die akademikus het 'n positiewe institusionele, nasionale of internasionale impak op onderrig en leer in die hoër onderwys. Die portefeulje lewer bewys van uitnemendheid in onderrig wat as inspirasie kan dien vir, of beter begrip kan bewerkstellig van, hierdie noodsaaklike aspek van die hoër onderwys.

 

Ontwikkelende portefeulje

Die portefeulje voer gronde vir uitnemendheid aan deurdat die akademikus oor aspekte van hul konteks besin, waaronder hul studente, instelling, vakrigting/program en die uitwerking van COVID-19. Die portefeulje beskryf die onderrig- en leerpraktyk, en verduidelik waarom die kandidaat daardie bepaalde benadering volg (in die onderrigfilosofiestelling). Die kandidaat se onderrig is gegrond op 'n mate van bewys van die akademieskap van onderrig en leer. Onderrigmetodes word aangepas by die konteks en strook met die onderrigfilosofiestelling. Bewyse word vir die aansprake in die narratief voorsien. Die akademikus soek na maniere om te verbeter en is daartoe in staat om oor tyd heen oor hul eie groei te besin. Die akademikus het ook buite die klaskamer 'n positiewe impak op onderrig en leer in die hoër onderwys. Die portefeulje lewer bewys van uitnemendheid in onderrig wat beter praktyk kan bevorder en ander kan aanmoedig.

 

Belowende portefeulje

​Die portefeulje begin gronde vir uitnemendheid aanvoer deurdat die akademikus oor aspekte van hul konteks besin. Die portefeulje beskryf die onderrig- en leerpraktyk en verduidelik waarom die kandidaat daardie bepaalde benadering volg (in die onderrigfilosofiestelling). Daar is een of twee verwysings na die akademieskap van onderrig en leer. Onderrigmetodes word aangepas by die konteks, maar strook dalk nie goed met die onderrigfilosofiestelling nie (of andersom). Hoewel daar bewyse vir sommige aansprake in die narratief voorsien word, word sekere aansprake nie gestaaf nie. Die akademikus soek na maniere om te verbeter. Die akademikus het 'n positiewe impak op onderrig en leer. Die portefeulje lewer bewys van die ontwikkeling van uitnemendheid in onderrig.

 

Belowende portefeuljes is nog nie gereed vir benoeming nie en behoort nie ingedien te word nie. Indien die institusionele keuringskomitee 'n portefeulje van “uitmuntend" of “ontwikkelend" na “belowend" terugskuif, kan die aansoek vir verdere portefeulje-ontwikkeling na die betrokke fakulteit terugverwys word.