Centre for Teaching & Learning
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US Onderriggenootskappe 2024http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10451US Onderriggenootskappe 2024Karin Cattell-Holden
​Die Universiteit Stellenbosch (US) se onderriggenootskappe bied aan vooraanstaande akademici wat by onderrig-leer-assessering (OLA) en die akademieskap van onderrig en leer betrokke is die geleentheid om hulle OLA-kundigheid op departementele, fakulteits- en institusionele vlak met die nodige ondersteuning oor ʼn tydperk van een tot drie jaar te verryk en te deel.
Die Universiteit het, sedert die aanvang van die projek in 2009, reeds 22 genootskappe toegeken. In 2024 het nog ʼn nuwe genoot, dr. Mariette Volschenk, by die huidige groep, bestaande uit prof. Deborah Blaine (Fakulteit Ingenieurswese), dr. Taryn Bernard (Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe), dr. Marnel Mouton (Fakulteit Natuurwetenskappe) en prof. Nicola Plastow (Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe) aangesluit.
Dr. Mariette Volschenk
Dr. Volschenk is 'n Senior Dosent in die Sentrum vir Gesondheidsberoepe-onderrig (“CHPE”) in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe. Sy is in 2023 as programleier van die MPhil in HPE (MHPE) aangestel. Haar doktorale studies het aangedui dat baie studente onvoldoende voorbereid is op die uitdagings wat meestersvlakstudies in die HPE stel. Die ontwerp van die US MHPE as 'n hibriedeleer interprofessionele gedoseerde program verdiep hierdie uitdagings. Dr. Volschenk het besef dat 'n meer diepgaande begrip van meesterskap binne die MHPE-programkonteks nodig is. Dit sluit in strategieë vir professionele sosialisering, innoverende pedagogiese en studieleidingsbenaderings, en virtuele studente-ondersteuningstrukture wat op die bevordering van die meesterskaptrajekte van MHPE-kandidate gemik is (Volschenk, 2021).
Die oorhoofse doel van dr. Volschenk se onderriggenootskap is om die bou van meesterskap in die US MHPE te ondersoek en bevorder. Die primêre fokus is om breër toegang te fasiliteer, gereedheid vir die oorgang na meestersvlakstudies te bevorder, akademiese sukses onder meesterskandidate te verhoog, en hul daaropvolgende loopbaantrajekte as opvoedkundige akademici en leiers in HPE te bemiddel.
Die studie beoog om die US se reaksie op die nasionale deurset- en retensiekoerse vir nagraads-onderrigde studente te verbeter. Dit behoort die universiteit 'n genuanseerde begrip van die dimensies van meesterskap en die vereiste vaardighede vir akademiese sukses op hierdie nagraadse vlak in die HO te bied. Daar word verwag dat sommige bevindinge en verwante ingrype moontlik na ander gedoseerde hibriedeleer meestersprogramme by die US asook vergelykbare internasionale MHPE-programme oorgedra sou kon word. Hierdie onderriggenootskap sal ook maniere verken waarop akademici die bevoegdhede om die groei van meesterskap in MHPE-kandidate te fasiliteer kan verwerf, versterk en instandhou.
​​Ons wens dr. Volschenk alle sukses met haar genootskap toe.
Verdere inligting oor die Onderriggenootskappe is beskikbaar van dr. Karin Cattell-Holden by kcattell@sun.ac.za.
Aankondiging: Finlo projekvoorstelle 2024http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10454Aankondiging: Finlo projekvoorstelle 2024Anthea H M Jacobs
Die US se Fonds vir Innovasie en Navorsing in Onderrig en Leer (Finlo) sal nie projekvoorstelle vir die jaar 2024 aanvaar nie
Sedert sy ontstaan in 2005 het die Fonds vir Innovasie en Navorsing in Onderrig en Leer (Finlo) 'n deurslaggewende rol gespeel in die bevordering van onderrig, leer en assessering (OLA) aan die US deur die befondsing van kleinskaalse OLA-projekte wat gefokus is op óf innovasie óf navorsing.
In lyn met Stellenbosch Universiteit se verbintenis tot goeie bestuur, deursigtigheid en verantwoordbaarheid, glo ons dit is belangrik om die impak en doeltreffendheid van Finlo te assesseer. Dit is des te meer belangrik in die konteks van institusionele finansiële beperkings. Teen hierdie agtergrond is die besluit geneem om ongelukkig nie Finlo-projekvoorstelle gedurende 2024 te aanvaar nie. In plaas daarvan sal 'n evaluasie van die impak van die fonds in verhouding tot sy eie doelwitte én die US se strategiese projekte binne die kernfunksie van OLA onderneem word.
As 'n eerste fase van die evaluasiestudie sal voormalige begunstigdes van Finlo-finansiering e-poskommunikasie ontvang waarin hulle versoek word om hul bystand te verleen met die indiening van inligting vir alle projekte.
Ons waardeer alle belanghebbendes se begrip en voortgesette ondersteuning terwyl ons saamwerk om OLA aan die US te verryk en bevorder.
Erkenning aan ‘kampioene’ in onderrig-leer-assessering (OLA) aan die US by OLA-vieringhttp://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10425Erkenning aan ‘kampioene’ in onderrig-leer-assessering (OLA) aan die US by OLA-vieringAnthea HM Jacobs
’n Diverse kohort akademici aan die Universiteit Stellenbosch (US) het by die OLA-viering (van onderrig-leer-assessering) op 5 Maart by STIAS in die kollig gestaan. Viserektor: Leer en Onderrig prof Deresh Ramjugernath het in sy toespraak die US se OLA-‘kampioene’ gelukgewens en hulle onwrikbare toewyding aan OLA geprys. Prof Ramjugernath het beklemtoon dat uitnemendheid in OLA bepalend is vir sukses in die US se strewe om die toonaangewende navorsingsintensiewe universiteit in Afrika te wees. Hy het uitgewys dat navolgenswaardige OLA-praktyke nie net grondliggend aan akademiese prestasie is nie, maar ook ’n vaste grondslag vir navorsingswerk met impak lê. Prof Ramjugernath het ook die volgehoue hoë akademiese sukseskoers onder voorgraadse US-studente in die algemeen uitgelig, wat US-gegradueerdes as hoogs gesogte professionele persone in die globale arbeidsmark posisioneer. Hy het bevestig dat die US daartoe verbind is om hierdie reputasie in stand te hou deur studentesukses voorop te stel – by wyse van voortgesette ondersteuning en die verryking van OLA-ervarings. Die oogmerk van die OLA-viering is om hulde te bring aan die onskatbare waarde van bydraes deur akademici wat leierskap toon in hulle OLA, aan hulle onderskeie fakulteite en Universiteitswyd, waarmee hulle die vakkundige diskoers oor OLA aan die US verder voer. Die visie vir erkenning en beloning vir akademiese uitmuntendheid in OLA is dat dit beter pedagogiese praktyke kweek, wat uiteindelik verantwoordelike kritiese denke, probleemoplossingsvaardighede en skeppende vermoëns onder studente ontwikkel. Boonop het die OLA-viering gedien as ’n geleentheid om die prestasies in professionele ontwikkeling te vier van personeellede wat deelgeneem het aan verskeie OLA-verwante gebeure wat die Afdeling Leer- en Onderrigverryking aangebied het, onder meer:
· US Onderrigtoekennings 2023 – wenners
· US Onderriggenootskappe 2023/2024
· US-TAU Genootskappe (vir die bevordering van onderrig aan universiteite) 2023
· Akademieskap van Onderrig en Leer (AvOL) Konferensie 2023 – pryswenners
· FINLO (Fonds vir Innovasie en Navorsing oor Leer en Onderrig) – 2023-ontvangers van toekennings
· US-kortkursus in Akademieskap van Opvoedkundige Leierskap (AvOL) – 2023-deelnemers
· US-kortkursus in Akademieskap van Onderrig en Leer (AvO&L) – 2023-deelnemers
· US-kortkursus in Assessering – 2023-deelnemers
· US-kortkursus in PRONTAK – 2023-deelnemers
· US-kortkursus in Vermengde Leer – 2023-deelnemers
· US-kortkursus oor KI in OLA Die geleentheid was werklik ’n besielende ervaring, gekenmerk deur oomblikke van egte trots en viering.
ALOV OLA Seminaar 14 Maart 2024http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10389ALOV OLA Seminaar 14 Maart 2024Dr Karin Cattell-Holden
Spreker: Prof. Susan van Schalkwyk (Direkteur: Sentrum vir Gesondheidsberoepe Onderwys (“CHPE"), Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe) (US Onderriggenoot)
Onderwerp: “Models of doctoral supervision in health professions education: process and power"
Opsomming van seminaar
Doktorale studies is daarop gemik om die grense van wat bekend is uit te brei, met die doel om 'n kennisbydrae tot die veld waarin sulke studies onderneem word te maak. Kennis wat as waardevol beskou word deur diegene wat hoë aansien in die veld geniet, is inherent kragtig – dit rig die wetenskap en dra by tot die kanon. Die nastreef van sulke kennis staan sentraal in die doktorale onderneming wat gekenmerk word deur 'n proses van “wees en word" soos die student die oorgang na 'n gekose dissiplinêre gemeenskap maak – 'n gemeenskap wat gedefinieer word deur 'n stel norme en waardes wat oor die tyd heen ontwikkel is, en deur wat as kennis geld binne hierdie struktuur. Die begrip van die oorsteek van grense bied 'n lens waarmee hierdie oorgang verken kan word. Doktorale skryfwerk verteenwoordig byvoorbeeld 'n spesifieke grens waarmee studente moet omgaan soos hulle die korpus werk wat uit hulle akademiese ondernemings na vore kom probeer inskryf om uiteindelik kragtige skrywers te word (Van Schalkwyk & Jacobs, 2021). Die proses van studieleiding is sentraal in die doktorale reis en probeer hierdie omgang fasiliteer terwyl die integriteit van die dissiplinêre kanon terselfdertyd gehandhaaf word. Dit bring vrae na vore oor die aard van daardie studieleiding, die manier waarop dit georganiseer word, en hoe dit beoefen word.
Biografie van spreker
Prof. van Schalkwyk het insigte beskryf wat verkry is uit haar werk oor doktorale studieleiding wat, onder meer, die ervaring van die ontvang van studieleiding, of die lei van andere, tydens 'n reeks onderhoude (sommige aanlyn) met 23 doktorale kandidate en 10 studieleiers in 10 lande verken het. Sy het die voortdurend veranderende aard van die verhouding tussen studieleier en kandidaat, wat dryfvere vir nuwe modelle en benaderings insluit, gedeel. Hierdie werk het implikasies vir die inisiëring van gesprekke oor doktorale studieleiding, die hersiening van die benaderings wat ons volg, en kritiese betrokkenheid by die begrippe van kennis en mag.
Prof. van Schalkwyk se aanbieding het die bevindinge van haar Onderriggenootskap-navorsingsprojek verteenwoordig.
Verwysings
McKenna, S; Van Schalkwyk, S. (2023). A scoping review of the changing landscape of doctoral education. COMPARE. https://doi.org/10.1080/03057925.2023.2168121
Van Schalkwyk, S; Jacobs, C. (2021). Borders and tensions in Doctoral Writing. In: Badenhorst C; Amell and B & Burford J. (eds). Re-imagining doctoral writing. WAC Clearing House: Colorado. ​
Verwys asseblief na die aanbieding vir verdere verwysings of kom in aanraking met prof. Van Schalkwyk.​
PRONTAK 2024http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10369PRONTAK 2024Claudia Swart
Vanjaar se PRONTAK​-program (Professionele Opvoedkundige Ontwikkeling vir Akademici) het op 29 Januarie by die Devonvale-hotel en -gholflandgoed afgeskop.
Twee-en-sestig (62) deelnemers uit nege (9) fakulteite en een (1) sentrum het vir die program ingeskryf.
Op grond van die terugvoer van die 2023-groep, is die kontaksessies verskuif om plaas te vind voordat klasse begin. Dit verleen aan deelnemers die buigsaamheid om te bepaal wanneer hulle die leeraktiwiteite en assesserings in die loop van die jaar wil afhandel.
Die eerste kontaksessie het van 29 tot 31 Januarie 2024 plaasgevind. Oor hierdie drie dae het deelnemers met al die elemente van die DeLTA-raamwerk omgegaan. Die DeLTA-raamwerk (raadpleeg die afbeelding) begelei akademici deur die herhalende en sikliese proses van die ontwerp en fasilitering van, en besinning oor OLA (onderrig-leer-assessering) aan die Universiteit Stellenbosch (US) om ʼn transformerende studenteleer-ervaring in diens van die samelewing te bevorder.
Die driedaagse kontaksessie is sodanig ontwerp dat deelnemers verskillende maniere om leer te fasiliteer kon ervaar. Deelnemers moes oor hierdie ervarings nadink en kies wat om in hulle eie OLA-kontekste toe te pas. Deelnemers het tydens verskillende leeraktiwiteite met die Onderrig- en Leerbeleid omgegaan, om hulle te vergewis van hoe die beleid hulle OLA-praktyke kan rig. Deelnemers is ook gelei om nadenkende praktisyns te raak, wat doelbewus en krities oor hulle OLA-praktyke dink en hulle professionele groei stelselmatig hersien en boekstaaf.
PRONTAK bestaan uit vyf (5) fases en kulmineer in ʼn plakkaataanbieding by die Akademieskap van Onderrig en Leer-konferensie​ (AvOL-). Gedurende die volgende fase van PRONTAK bepaal deelnemers hulle eie leertempo deur verskeie mylpale af te handel.
Die volgende kontaksessie sal op 7 Junie by STIAS plaasvind. Dié sessie sal op besinning fokus.
Vieringsgeleentheid van US Onderrig, Leer & Assesseringhttp://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10368Vieringsgeleentheid van US Onderrig, Leer & AssesseringAnthea H M Jacobs
ʼn Vieringsgeleentheid vir onderrig, leer en assessering (OLA), onder beskerming van die Viserektor, professor Deresh Ramjugernath, word op 5 Maart by die Stellenbosch Instituut vir Gevorderde Navorsing (STIAS) aangebied. Die geleentheid is daarop gemik om die professionele leersukses van verskeie personeellede te vier. Toewyding aan voortgesette groei en ontwikkeling lê aan die kern van enige florerende opvoedkundige instelling. Hierdie geleentheid getuig van die Universiteit Stellenbosch se onwrikbare verbintenis tot die aankweek van uitnemendheid in OLA. Ons glo dat belegging in die professionele groei van ons personeel nie slegs hulle individuele loopbane verryk nie, maar ook die gehalte van die onderwys en steun wat ons aan ons studente bied, verhoog. Deelnemers wat in 2023 die volgende professionele leergeleenthede suksesvol afgehandel of daaraan deelgeneem het, sal vereer word:
- US Onderrigtoekennings
- US Onderriggenote
- US Onderrigbevordering op Universiteit-genote (OBU-genote)
- Pryswenners by die US Akademieskap van Onderrig en Leer-konferensie (AvOL-)
- Ontvangers van finansiering uit die Fonds vir Innovasie en Navorsing oor Leer en Onderrig (Finlo)
- Kortkursus in Akademieskap van Opvoedkundige Leierskap (AvOpL)
- Kortkursus in Akademieskap van Onderrig en Leer (AvOL)
- Assesseringskortkursus
- Kortkursus in Professionele Opvoedkundige Ontwikkeling van Akademici (PRONTAK)
- Kortkursusse oor OLA in Gemengde Leer
- Kortkursusse oor Kunsmatige Intelligensie (KI) in OLA
Die OLA-vieringsgeleentheid beloof om besielend en verheffend te wees, vol opregte oomblikke van besinning, erkenning en viering. Ons kom byeen om die reis van groei en leer te vier en sien daarna uit om ons ongelooflike personeellede vir hulle prestasies te vereer. Saam sal ons die mag van lewenslange leer en die transformerende impak daarvan op individue, ons instelling en ons gemeenskappe vier.
Datum: 05 Maart 2024
Plek: STIAS
Tyd: 16:30 – 19:00
RSVP: Invitation to T&L Celebration on 05 March 2024.pdf
US Onderriggenootskappe 2023http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10216US Onderriggenootskappe 2023Dr Karin Cattell-Holden
Die Universiteit Stellenbosch (US) se onderriggenootskappe bied aan vooraanstaande akademici wat by onderrig-leer-assessering (OLA) en die akademieskap van onderrig en leer betrokke is die geleentheid om hulle OLA-kundigheid op departementele, fakulteits- en institusionele vlak met die nodige ondersteuning oor ʼn tydperk van een tot drie jaar te verryk en te deel.
Die Universiteit het, sedert die aanvang van die projek in 2009, reeds 20 genootskappe toegeken. In 2023 het twee genote by die huidige groep, bestaande uit prof Susan van Schalkwyk (SGBO, FGGW), prof Deborah Blaine (Ingenieurswese), prof Gretha Steenkamp (EBW), dr Taryn Bernard (FLSW) en dr Marnel Mouton (Natuurwetenskappe), aangesluit:
1.       Prof Dennis Francis
Prof Francis is professor in sosiologie in die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe en ʼn internasionaal erkende vakkundige op die gebied van onderrig en leer. Hulle navorsing en onderrig fokus op die sosiokulturele dimensies van gender en seksualiteite, in die besonder hoe cisheteronormatiwiteit en maatskaplike ongelykheid deur opvoedkundige strukture, diskoerse en praktyke voortgesit word en hoe hierdie strukture, diskoerse en praktyke ook weerstaan en uitgedaag kan word.
Prof Francis se eerstejaarstudente besin oor hulle ervaring van die heteronormatief-oorheersde Suid-Afrikaanse skoolstelsel en samelewing. In hulle projek vir hierdie onderriggenootskap ontleed prof Francis hierdie verhale om te takseer hoe studente hierdie opvoedkundige ruimtes en norms navigeer, weerstaan en ontwrig. Prof Francis ondersoek spesifiek hoe studente in ʼn eerstejaarsmodule van sosiologie queer en transgender jeug konstrueer, op homofobie en transfobie in opvoedkundige ruimtes reageer, en maatskaplike verandering ten opsigte van hierdie kwessies konseptualiseer.
Die impak van prof Francis se genootskapsprojek sal verreikend wees en nie slegs die akademieskap van onderrig en leer aan die US bevorder nie, maar ook kritiese besinning oor maatskaplike en institusionele norms wat uitsluiting aankweek, versterk en sodoende tot betekenisvolle institusionele transformasie bydra.
2.      Prof Nicola Plastow
Prof Nicola Plastow is professor in arbeidsterapie in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe. Sy is ʼn bekende navorser van onderrig en leer in die konteks van geestesgesondheid en welstand in volwassenes en bejaardes, en maak gebruik van ʼn maatskaplikegeregtigheidsbenadering wat kritiese burgerskap as ʼn pedagogie insluit.
Prof Plastow se genootskapsprojek beoog om ʼn gemeenskapsinteraksieprojek ter bevordering van maatskaplike deelname en arbeidsgeregtigheid vir ouer mense in Bishop Lavis te vestig en dan die impak daarvan te evalueer. Prof Plastow sal ʼn nuwe kliniese plasingsgeleentheid vir haar studente ontwikkel by ʼn aftreeoord vir ouer mense wat onafhanklik kan woon, om studente se perspektief op ouer word, ouer mense en die lewe in ʼn laeinkomstegebied van Kaapstad uit te daag – en te transformeer – sodat hulle nuwe maniere van ʼn arbeidsterapeut wees, kan ontdek.
Prof Plastow se projek hou sterk verband met die US se fokus op ʼn verskil in die samelewing maak. Dit sal onderrig en leer aan die US verryk deur die ontwikkeling van die graduandi-eienskappe om ʼn dinamiese beroepspersoon en betrokke burger te raak. Die projek sal nie slegs ʼn beduidende effek op studenteleer ten opsigte van hulle studies hê nie, maar ook op hulle beroepslewens en hulle lewens as sorgsame en bewuste lede van die samelewing.
Verdere inligting oor die Onderriggenootskappe is beskikbaar van dr. Karin Cattell-Holden by kcattell@sun.ac.za. ​​​​
HELTASA “[un] Conference” 2023http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10214HELTASA “[un] Conference” 2023Dr Anthea H M Jacobs
Hoogtepunte van HELTASA-konferensie 2023
Die 2023 HELTASA-konferensie is van 24 tot 26 Oktober deur die Noodwes-Universiteit (NWU) op hulle Vanderbijlpark-kampus aangebied. Die konferensie was ʼn hibridiese geleentheid, met 212 deelnemers in persoon en 108 aanlyn. Daar was 86 verskillende aanbiedings, werksessies, kritiese dialoë, plakkate en paneelsessies. Die tema van die konferensie was “Celebration of Scholarship: Connecting the Lights" (Viering van Akademieskap: Koppeling van die Ligte), met subtemas wat met die ervaring van onderrig, leer en assessering (OLA), digitale transformasie in hoër onderwys (HO), akademieskap in HO, en HO OLA-praktyke in veranderende tye verband hou.
In sy openingrede het prof Robert Balfour (NWU Adjunk-visekanselier: Onderrig en Leer) deelnemers uitgedaag om die geleentheid van die post-Covid-oomblik aan te gryp om hulle af te vra wat hulle anders ten opsigte van onderrig, leer en assessering kan doen. Dit sou behels dat ons in die oomblik teenwoordig moet wees en ons daaraan moet herinner dat ons OLA-praktyke ons persoonlike handelsmerk is. Een vraag waaroor deelnemers moes besin, was: “Hoe verbeter *dit* die studente-ervaring?"
ʼn Hoogtepunt van die tweede dag was studente se menings wat by die paneelbesprekings oor Generatiewe KI in HO gelug is. Die gesprekke het beklemtoon dat, hoewel die aangryp van hierdie tegnologie aan jou ʼn voorsprong kan besorg, dit ʼn tweesnydende swaard is wat individualiteit kan belemmer. Een paneellid het genoem dat Generatiewe KI graag onderrig. Ons moet dus nadink oor hoe ons dit kan gebruik om ons OLA-praktyke uit te brei. Nog ʼn hoogtepunt van die tweede dag was ʼn paneelbespreking van die implikasies van 'publiseer of gaan onder' ten opsigte van vakkundigheid in HO en hoe opkomende navorsers publisering op verskillende maniere kan benader. En natuurlik was die galadinee ʼn hoogtepunt vir sommige deelnemers. By hierdie geleentheid is die Onderrigbevordering aan Universiteite-toekenning (OBU-) vir 2023 aan prof Elmarie Costandius van die Universiteit Stellenbosch toegeken.
Een hoogtepunt van die derde dag was die kritiese gesprek oor ontwrigting en die akademieskap van onderrig en leer. Deelnemers het die (on)konferensie-metodologie as ontwrigting van akademieskap en OLA-praktyke skeppend deur sang, dans, woorde en aksies verken.
In hierdie drie dae het HELTASA-afgevaardigdes as ʼn gemeenskap van HO-opvoeders, ‑studente, ‑denkers en -innoveerders byeengekom om te verken, grense te ontwrig en hulle denke by mekaar te laat aansluit. Die geleentheid was suksesvol danksy die aktiewe deelname van die afgevaardigdes en hulle passie vir HO OLA. Baie dankie aan die reëlingspan van die NWU. HELTASA moedig lede en deelnemers aan om die gesprekke voort te sit, die kennis wat bekom is, te deel en die insigte wat tydens die konferensie opgedoen is, te implementeer.
Universiteit van Bath besoek US se Afdeling vir Leer- en Onderrigverryking (ALOV)http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10177Universiteit van Bath besoek US se Afdeling vir Leer- en Onderrigverryking (ALOV)Dr Nicoline Herman
Die US se Afdeling vir Leer en Onderrigverryking (ALOV/DLTE) is vanaf 18 tot 20 Oktober deur 'n afvaardiging van die Universiteit van Bath se Sentrum vir Onderrig en Leer besoek. Die besoek het op ʼn hoë noot begin met 'n hartlike verwelkomingsete by die historiese De Volkskombuis, aangebied deur Sarah van der Westhuizen en Sarah Richmond van die US se Internasionale Kantoor (SUI). Die gaste is bederf met heerlike Suid-Afrikaanse geregte en die geselligheid sou die toon aangee vir die res van die besoek.
Op Donderdag, 19 Oktober, het die besoekers en die gashere in Den Bosch vergader om idees oor onderrig-leer-assessering (OLA) uit te ruil. Die besoekers was eerste aan die woord en Dr Rob Eaton (bestuurder van kurrikulumontwikkeling), me Abby Osborne (hoof van Assessering en terugvoerontwikkeling), en me Stephanie Kamffer (projekbeampte) het hulle innoverende strategieë en metodologieë gedeel. Die gesprekke wat hieruit gespruit het, het gedeelde belangstellings en raakpunte tussen die Britte en Stellenbossers onthul met die professionele ontwikkeling van dosente vir hulle OLA wat die meeste aan bod gekom het.
In die middagsessie het die ALOV die Bath-eweknieë bekendgestel aan die funksies en werksaamhede van sy vyf eenhede – die Sentrum vir Onderrig en Leer (SOL), Sentrum vir Leer-tegnologieë (SLT), Taalsentrum (TS), Akademiese Beplanning & Kwaliteitsversekering (APQ), en Hibriede Leer (HL).
Vrydagoggend, 20 Oktober, is daaraan gewy om gedeelde belangstellings en moontlike samewerkingsgeleenthede tussen die twee instansies te bespreek. Dit was 'n voorreg om die kollegas van Bath te ontvang en ons sien uit na saamwerk en saam dink in die toekoms.
US Onderriggenootskappe 2024http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10161US Onderriggenootskappe 2024Dr Karin Cattell-Holden
Onderriggenootskappe aan die Universiteit Stellenbosch (US) is in 2009 daargestel om ’n geleentheid vir uitstaande akademici te skep om hulle onderrigkundigheid te ontwikkel en die uitbreiding van die Akademieskap van Onderrig en Leer aan die Universiteit te bevorder. Sedertdien het die US reeds 20 onderriggenootskappe befonds.
Die Universiteitskapasiteitsontwikkelingsplan (“UCDP”) bied verdere befondsing vir twee onderriggenootskappe vanaf 1 Januarie 2024.
Die genootskappe bied uitnemende dosente met bewese betrokkenheid by onderrig-leer-assessering (OLA) en die Akademieskap van Onderrig en Leer ondersteuning en geleenthede om oor een tot drie jaar hul OLA-vakkundigheid op departementele, fakulteits- en institusionele vlak te bevorder en te deel. Verder bied die genootskappe akademici wat graag ʼn professionele onderrigtrajek sou wou volg ʼn geleentheid om hul navorsing oor en kennis van OLA te konsolideer en uit te brei.
Die kern van ʼn genootskap is ʼn navorsingsprojek wat op enige aspek van OLA mag fokus, dit wil sê makro-aspekte soos program- of kurrikulumvernuwing, of meer mikro-aspekte soos die herontwerp van die assessering van ʼn module of die ondersoek van innoverende klaskameringrype.
Voornemende aansoekers moet in gedagte hou dat die doel van ’n onderriggenootskap nie is om akademici aan die Akademieskap van Onderrig en Leer bekend te stel nie. Indringende kennis en toepassing van die Akademieskap van Onderrig en Leer is noodsaaklik om ’n navorsingsprojek op die vlak van ’n onderriggenootskap te onderneem.
Die sluitingsdatum vir aansoeke vir die 2024 Onderriggenootskappe is 17 November 2023.
Vir meer inligting, insluitende die bepalings van die genootskappe en die aansoekvorm, tree asseblief in verbinding met dr. Karin Cattell-Holden by kcattell@sun.ac.za.​