FMHS60
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​Fakulteit Geneeskunde & Gesondheidswetenskappe 60 jaar

Beleef "60 Dae na Welwees"

​Die Welweeskomitee nooi jou om vanjaar die Fakulteit se 60ste verjaardag te vier deur 60 produktiewe dae na welwees af te tel.

Die veldtog sluit verskeie aspekte van welwees in. Hoogtepunte van die veldtog is die bekendstelling van die Medela-borsvoedingsfasiliteit, fisiese aktiwiteitsessies, praatjies oor voeding, aktiwiteite vir bewuste teenwoordigheid (“mindfulness”), stresbestuur, en hope nuttige boodskappe en inligting.

Neem gerus deel aan die beplande aktiwiteite!

Bly hier op hoogte van die "60 Dae na Welwees"-veldtog.

Wees ook op die uitkyk vir die daaglikse boodskappe op ons sosiale media: 

•    www.facebook.com/suhealthsci 
•    Instagram: @suhealthsci
•    Twitter: @suhealthsci 

Kom deel in die pret en wys ons jou foto’s van jou welweesreis. Gebruik asseblief die hutsmerke #mytygermaties60 en #FMHSwellness om foto’s te plaas, of e-pos dit na fmhs60@sun.ac.za.