Welkom by Departement Afrikaans en Nederlands
Die Departement Afrikaans en Nederlands is 'n uitsonderlik diverse
sentrum van vakkundigheid in deurlopende gesprek en samewerking met ander
nasionale en internasionale taalgebiede en -professies. Gehalte-navorsing
onderlê die uiteenlopende aktiwiteite wat sentreer om die Departement se
gevestigde kern, naamlik die studie en onderrig van Afrikaanse en Nederlandse
letterkunde, taalkunde en toegepaste rigtings. Daarbenewens lewer die
departement ’n besonder wye aanbod van akademiese sowel as praktykgerigte,
meertalige opleiding in skeppende skryfwerk, leksikografie, vertaling, tolking en redigering.
Geskiedenis van die Departement Afrikaans en Nederlands