Studentekaarte
Nuwe Studente
Alle studente moet ná registrasie ʼn studentekaart bekom. Jy sal jou studentekaart om verskeie redes nodig kry, dus moet jy dit altyd by jou hê wanneer jy op kampus is. Sodra jy geregistreer is, besoek die toepaslike lokaal hieronder. Jy sal vir jou bewys van registrasie en agterstallige betaling van gelde gevra word, waarna jou kaart aan jou uitgereik sal word:
- Neelsie-studentesentrum – vir die uitreiking van kaarte van Dinsdag, 31 Januarie tot Vrydag, 17 Februarie 2023
- Admin A, IT-hub – vir die uitreiking van kaarte van Maandag 20 Februarie 2023
Kaarte sal daagliks tussen 8:00 – 16:00 uitgereik word. Let asb. daarop dat kaarte op Vrydag, 17 Februarie 2023 tot 13:00 uitgereik sal word.
Studente op die Tygerberg-kampus moet hul spesifieke kampus se registrasie-inligting raadpleeg vir besonderhede oor die afhaal van hul studentekaarte.
Terugkerende studente (heraktivering van studentekaart)
As jy nog jou 2022-studentekaart het en dit weer in 2023 gaan gebruik, hoef jy dit nie weer te aktiveer nie. Die kaart sal outomaties geheraktiveer word sodra jy vir die 2023- akademiese jaar geregistreer het en enige uitstaande gelde van vorige jare betaal het.