Students
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Koshuise

Nuwe voorgraadse eerstejaars

  • Nuwelinge wat plek in ’n universiteitskoshuis ontvang het, moet daar aanmeld ooreenkomstig die tye wat elke koshuis bepaal.
  • Nuwelingeerstejaars sal op 1 en 2 Februarie intrek, en party Huiskomiteelede en mentors sal ’n paar dae vroeër reeds daar wees.
  • Let wel, indien eerstejaars sonder ’n voorafreëling versuim om teen die intrekdatums by die koshuis aan te meld, sal hulle koshuisplek gekanselleer en aan studente op die koshuiswaglys toegeken word.
  • Laat weet asseblief die Koshuisplasingskantoor by info@sun.ac.za indien jy nie van plan is om van jou koshuisplek gebruik te maak nie.

Senior / terugkerende studente

  • Studente in senior leefruimtes sal vanaf 15 Januarie intrek.
  • Alle ander senior studente in voorgraadse koshuise sal vanaf 8 Februarie begin intrek.
  • Laat weet asseblief die Koshuisplasingskantoor by info@sun.ac.za indien jy nie van plan is om van jou plek gebruik te maak nie sodat die Universiteit nie huisvestingsgeld by jou studenterekening insluit nie.