Students
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Voedselsekerheidsprogramme en -noodbystand

​​​​​​​By die Universiteit Stellenbosch (US) glo ons dat geen student met die bekommernis van voedselonsekerheid belas moet wees nie. Daarom het die Universiteit langtermyn- en volhoubare voedselsekerheidprogramme wat toeganklik is vir alle studente. Studente wat met voedselonsekerheid worstel, word aangemoedig om deur die toepaslike Universiteitskanale om hulp aansoek te doen. Om die aansoekproses te vergemaklik, het ons ons riglyne volgens die volgende kategorieë ingedeel:

  • Studente wat ’n beurshouer is of finansiële bystand ontvang
  • Studente wat geen finansiële bystand ontvang nie
  • Noodbystand vir studente wat onmiddellik hulp benodig

​​Voedselsekerheid is 'n dinamiese proses en dienste mag verander. Hierdie bladsy bevat die nuuste inligting.


Studente wat ’n beurshouer is of finansiële bystand ontvang

Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS)

Studente wat geld van NSFAS ontvang, het voedseltoelaes. Die toelaag word omgeskakel in 'n kwartaallikse beperkte etekwota en maandelikse kontantvoedseltoelaag, wat drie maaltye per dag vir die volle akademiese jaar moontlik maak. Hierdie proses word deur NSFAS gereguleer.


Beurse en borgskappe

In noodgevalle kan studente wat privaat beurse of borgskappe ontvang, aansoek doen om oorweeg te word vir bykomende voedselondersteuning deur die US. Voedselhulp kan in die vorm van ’n etekwota of geld wat in ’n student se bankrekening inbetaal word, wees. Dit neem gewoonlik die vorm van 'n eenmalige toekenning aan.

Aansoekproses: Versoeke vir ’n noodgeval voedseltoelaag kan aan die Sentrum vir Voorgraadse Beurse en Lenings gerig word. ’n Holistiese beoordeling sal van die studente se geldelike behoeftes gedoen word. Vir meer inligting, kontak ahmeda@sun.ac.za.

‘Verlore middel’-studente met gedeeltelike befondsing

Studente wat lenings of beurse van die US ontvang, maar vir wie daar nie ’n voedseltoelaag by hul finansiële hulppakket ingesluit is nie, kan by die US om bykomende hulp aansoek doen, in noodgevalle.

Aansoekproses: Versoeke vir ’n voedseltoelaag kan aan supportUS@sun.ac.za gerig word. ’n Holistiese beoordeling sal van die studente se geldelike behoeftes gedoen word.


Studente wat geen finansiële bystand ontvang nie

Studente wat geen finansiële bystand ontvang nie en wat deur hulself, 'n ouers of 'n voog, ens., befonds word of wie se aansoeke om befondsing tans nog verwerk word, kan ook by die US aanklop vir hulp in noodgevalle. Versoeke vir 'n beoordeling vir oorweging vir ’n voedseltoelaag kan aan supportUS@sun.ac.za gerig word. ’n Holistiese beoordeling sal van die studente se geldelike behoeftes gedoen word.

Internasionale Studente

In noodgevalle kan versoeke vir 'n beoordeling vir oorweging vir ’n voedseltoelaag aan cns@sun.ac.za​ gerig word.


Nagraadse studente

Versoeke vir 'n beoordeling vir oorweging vir ’n voedseltoelaag kan aan tammya@sun.ac.za gerig word.

NEEM KENNIS: Nagraadse studente wat befondsing van die Nasionale Navorsingstigting, departementele beurse en/of donateurs ontvang, kan ook versoeke vir 'n beoordeling vir oorweging vir voedseltoelae aan die bogenoemde e-pos rig.

​ ​

Noodbystand​

In noodgevalle kan aansoeke wat nie in een van die bogenoemde kategorieë val nie, kontak maak met rianae@sun.ac.za / 084 030 0210. 

TYGERBERG KAMPUS – FAKULTEIT GENEESKUNDE EN GESONDHEIDSWETENSKAPPE

Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling

Tydens kantoorure:

Kamer 3035, 2e Vloer, TSS
021 938 9590


Tygerberg Pantry Project (TPP)

Die TPP is ’n groep studente en personeel wat hulself vrywilliglik beskikbaar stel om donasies in te samel in die vorm van nie-bederfbare voedsel en toiletware om Tygerberg-studente by te staan met voedsel- en toiletware-onsekerheid.

tygerbergpantryproject@gmail.com


Kantoor vir Voorgraadse Beurse en Lenings

Tydens kantoorure:

Studente wat gedeeltelik befonds word, kan die Kantoor vir Voorgraadse Beurse en Lenings, wat in Kamer 1043, Kliniese gebou geleë is, kontak. Die kantoor doen ’n assessering van die finansiële behoeftes van die student, met inagneming van die NSFAS-middeletoets, finansiële inligting wat deur die student verskaf word op die US-stelsel of elders en die student se befondsingsprofiel. Hierdie kantoor sal ’n aanbeveling doen vir die betrokke ondersteuningstruktuur op Tygerbergkampus wat op sy beurt die bedrag / toekenning van voedseltoelae wat aan die student voorsien kan word, bepaal.

Noluvuyo Capsana
021 938 9458 / tygbursaries@sun.ac.za

Rochelle Sylvester
021 938 9129 / tygbursaries@sun.ac.za


Nagraadse studente

Tammy Abrahams
021 808 3896 / tammya@sun.ac.za