Natuurwettenskappe
Welkom by Universiteit Stellenbosch
​​​​​​​​​​​​
​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​

Jou gids tot die wêreld van natuurwetenskappe

Die Fakulteit Natuurwetenskappe is 'n leierkennisvennoot in die ontwikkeling van die wetenskaplike, tegnologiese en intellektuele kapasiteit van Afrika, sowel as Suid-Afrika, en speel 'n aktiewe rol in die ontwikkeling van Suid-Afrika en sy mense.


Is natuurwetenskappe vir my?

Ek is ...
  • Passievol oor natuurwetenskappe
  • Nuuskierig oor die wêreld en als wat lewe
  • Die een wat altyd vra “hoekom” en “hoe werk dit?”

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​Neem u eerste stap in die wêreld van die wetenskap

Met 'n BSc-graad het u u eerste stap in die fassinerende wêreld van wetenskap geneem. Afhangend van u vaardighede en belangstellings, kan u nou voortbou op hierdie eerste graad deur te spesialiseer in die veld waarin u belangstel, van 'n BSc-honneurs tot 'n MSc en selfs 'n PhD. 

Of u kan u graad diversifiseer deur te registreer vir 'n nagraadse diploma in 'n verwante veld, soos besigheid, finansies, bemarking, joernalistiek, landbou, ingenieurswese of die regte. Met 'n nagraadse sertifikaat in die onderwys, (en afhangende van u vakkombinasie), kan u skoolvakke onderrig soos Geografie, Fisiese Wetenskap, Lewensoriëntering, Inligtingstegnologie, Wiskunde, Lewenswetenskappe, Natuurwetenskappe en Wiskundige Geletterdheid. 

Onthou egter dat 'n BSc-graad u opleiding in die basiese wetenskappe bied. Daarom sal u die vermoë hê om krities te dink wanneer u probleme aanpak, gebaseer op 'n deeglike kennisbasis in die natuurwetenskappe. (Ingenieurswese en geneeskunde is voorbeelde van toegepaste wetenskappe)


’n BSc-graad sal

  • Jou wetenskapskennis verbreed en verdiep
  • Jou probleemoplossings-, beredenerings-, en wetenskapskomunikasievaardighede verbeter
  • Jou toerus met ’n hoër onderwyskwalifikasie wat op die fundamentele wetenskappe berus en as wegspringplek vir jou professionele loopbaan sal dien

Wat kan ek studeer?

Die Fakulteit Natuurwetenskappe bied tien graadprogramme aan wat in die biologiese, fisiese en wiskundige wetenskappe gegroepeer kan word. Ons bied ook 'n BSc-graad met interdissiplinêre kurrikula wat tot verskeie nagraadse opsies in vier verskillende fakulteite lei. Hieronder is 'n lys van die programme en hul bykomende fokusareas, waar van toepassing.





BIOLOGIESE WETENSKAPPE

BSc in Biodiversiteit en Ekologie​
BSc in Molekulêre Biologie en Biotegnologie
BSc in Menslike Lewenswetenskappe
BSc in Sportwetenskap​






FISIESE WETENSKAPPE

BSc in Chemie
BSc in Fisika
BSc in Aardwetenskap
BSc in GeoInformatika



WISKUNDIGE WETENSKAPPE

BSc in Wiskundige Wetenskappe
BSc in Rekenaarwetenskap



INTERDISSIPLINÊRE AANBIEDINGE
Interdissiplinêre BSc
BDatSci (Interfakulteit)


Besoek gerus www.maties.com en klik op "Wat kan ek studeer?" vir meer inligting.


Voldoen ek aan die vereistes?​

NSS/IEB Skoolverlatingskwalifikasies

  • Jy moet ’n gemiddeld van minstens 65% in jou finale skoolverlatingseksamen behaal.
  • Jy moet ’n minimum prestasievlak van 4 vir Afrikaans OF Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) behaal.
  • Jy moet Wiskunde as skoolvak hê en minstens die minimum prestasievlak behaal, volgens die programspesifieke vereistes.
  • Vir die programspesifieke toelatingsvereistes, gaan na www.maties.com en klik op “Toelating- en keuringsvereistes” op die kieslys onder: “Aansoek”; of raadpleeg die Jaarboek​ en klik op die Natuurwetenskappe-blokkie vir die Fakulteit Natuurwetenskappe se Jaarboek. Alle programinligting is daarin vervat.
  • Toelatingsvereistes vir leerders met internasionale skoolverlatingskwalifikasies is beskikbaar by www.maties.com​. Klik op “Internasionale Kurrikulums” op die kieslys onder: “Aansoek”​

Punte te laag?

Indien jy die voorwaardelike aanbod aanvaar het, maar jou finale Graad 12-vakke se punte voldoen nie aan die minimum vereiste nie, kan jy aansoek doen vir ’n Verlengde Kurrikulumprogram (VKP). Plekke is beperk en sosio-ekonomies benadeelde kandidate kry voorkeur. Hierdie roete neem een jaar langer as die hoofstroomgraadprogram.

Vir meer inligting, kontak ons akademiese koördineerder by (021) 808 3931 of e-pos haar by science@sun.ac.za


Hoe doen ek aansoek?​

Gaan na www.maties.com en voltooi die aansoekvorm aanlyn..

Onthou
  • Sluitingsdatum vir aansoeke: 31​ Julie


Kry raad
Neem 'n ingeligte besluit vóór jy aansoek doen. As jy onseker is, kontak science@sun.ac.za


Stappe


Kom gesels met ons

  • Kom gesels met ons oor studie- en loopbaanmoontlikhede in die natuurwetenskappe, asook die studentelewe by die Universiteit Stellenbosch.
  • science@sun.ac.za
  • (021) 808-3931


Flyer-small.jpg Loopbane in die wetenskap Brosjure