Natuurwettenskappe
Welkom by Universiteit Stellenbosch
​​​​​​​​​​

​​​​​​

Interdissiplinêre BSc-graad


INTERDISSIPLINÊRE AANBIEDINGE
Interdissiplinêre BSc
BDatSci (Interfakulteit)


Die interdissiplinêre BSc-graad lei na multidissiplinêre nagraadse opsies.

Biomediese Wiskundige Wetenskappe

Hierdie stroom kombineer velde soos Ingenieurswese, Wiskundige Wetenskappe en die Biologiese Wetenskappe, met nagraadse studiemoontlikhede in Fisiologiese Wetenskappe, Wiskunde of Biomediese Ingenieurswese.
Fokusareas: Fisiologie, Wiskunde

Toegepaste Medisinale Chemie

Kombineer Biologiese Wetenskappe en Fisiese Wetenskappe met Patentreg as derdejaarsmodule. Nagraadse studiemoontlikhede in Fisiologiese Wetenskappe of Chemie.
Fokusareas: Chemie, Fisiologie

Bioinformatika en Berekeningsbiologie

Kombineer Biochemie, Bioinformatika, Rekenaarwetenskap en Genetika op 'n multidissiplinêre vlak.
Fokusareas: Bioinformatika en Berekeningsbiologie
Spesifieke toelatingsvereistes: Wiskunde 6 EN Fisiese Wetenskappe 4; OF Chemie EN Fisika: 4

B in Datawetenskap

Vier fakulteite werk saam om die BDatSci-program aan te bied: Natuurwetenskappe, Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Agriwetenskap en Lettere en Sosiale Wetenskappe. Die program gee 'n deeglike onderbou in alle aspekte van die datalewensiklus, en behels data-insameling, -prosessering, -analise en -visualisering. Jy kan een van die volgende fokusareas kies:
  • Toegepaste Wiskunde (Natuurwetenskappe) 
  • Rekenaarwetenskap (Natuurwetenskappe) 
  • Statistiese Fisika (Natuurwetenskappe) 
  • Statistiese Leer (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 
  • Analitika en Optimering (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 
  • Geoinformatika (Lettere en Wysbegeerte) 
  • Statistiese Genetika (Agriwetenskappe)
Spesifieke toelatingsvereistes
  • 'n NNS-gemiddelde van minstens 80% (Lewensoriëntering uitgesluit) en Wiskunde 80% plus een van die volgende:
    • Afrikaans Huistaal 60% of 
    • Engels Huistaal 60% OF 
    • Afrikaans Eerste Addisionele Taal 75% of
    • Engels Eerste Addisionele Taal 75%

Stappe


Kom gesels met ons

  • Ons werwingsbeampte, Me. Maambele Khosa, is 'n alumnus van ons Fakulteit en is beskikbaar om met leerders en onderwysers te gesels oor studie- en loopbaanmoontlikhede in die natuurwetenskappe.

    Kontak haar om 'n besoek aan jou skool te reël, of klik hier om aanlyn met haar te gesels.
  • maambele@sun.ac.za​
  • (021) 808-2681​ ​


Flyer-small.jpg Loopbane in die wetenskap Brosjure ​​​