Natuurwettenskappe
Welkom by Universiteit Stellenbosch
​​​​​​​​​​​​

​​​​​​

Graadprogramme in Biologiese Wetenskappe





BIOLOGIESE WETENSKAPPE

BSc in Biodiversiteit en Ekologie
BSc in Molekulêre Biologie en Biotegnologie
BSc in Menslike Lewenswetenskappe
BSc in Sportwetenskap


BSc in Biodiversiteit en Ekologie

Hierdie program fokus op die diversiteit, oorsprong en funksie van organismes in verhouding tot hul omgewing. Dit bied 'n konseptuele oorsig oor ekologie, evolusie, dier- en plantvorme en funksies, biologiese veranderinge op 'n globale skaal, en herstelmeganismes.
Fokusarea:
  • Biodiversiteit en Ekologie (wat kan lei tot spesialisasie in Plant- of Dierkunde)
Spesifieke toelatingsvereistes:
  • Wiskunde 5 EN Fisiese Wetenskappe 4

BSc in Molekulêre Biologie en Biotegnologie

Hierdie program gee jou die vakkundige agtergrond om die werking van enige lewende organisme op molekulêre vlak te verstaan. Dit lê die grondslag vir 'n loopbaan wat kennis en vaardighede in molekulêre selbiologie en biotegnologie vereis.
Fokusareas:
  • Biochemie, Genetika, Mikrobiologie
Spesifieke toelatingsvereistes:
  • Wiskunde 5 OF Wiskunde 6 (afhangend van jou vakkeuse) EN Fisiese Wetenskappe 4


BSc in Menslike Lewenswetenskappe

Hierdie program vorm die basis vir jou begrip van die funksionering van die liggaam as geheel, van molekulêre tot sisteemvlak.
Fokusareas:
  • Stroom Biologie: Fisiologie, Anatomie, Biochemie, Genetika
Spesifieke toelatingsvereistes:
  • Wiskunde 5 OF Wiskunde 6 (afhangend van jou vakkeuse) EN Fisiese Wetenskappe 4
Fokusareas:
  • Stroom Biologie met Sielkunde: Fisiologie, Genetika, Sielkunde
Spesifieke toelatingsvereistes:
  • Wiskunde 5 EN Fisiese Wetenskappe 4


BSc in Sportwetenskap

Hierdie program bestudeer liggaamsbeweging vanuit verskillende perspektiewe, soos o.a. op fisiologiese en biomeganiese vlak.
Fokusareas:
  • Fisiologie, Kinesiologie
Spesifieke toelatingsvereistes:
  • Wiskunde 5 EN Fisiese Wetenskappe 4​

Stappe


Kom gesels met ons

  • Ons werwingsbeampte, Me. Maambele Khosa, is 'n alumnus van ons Fakulteit en is beskikbaar om met leerders en onderwysers te gesels oor studie- en loopbaanmoontlikhede in die natuurwetenskappe.

    Kontak haar om 'n besoek aan jou skool te reël, of klik hier om aanlyn met haar te gesels.
  • maambele@sun.ac.za​
  • (021) 808-2681​ ​


Flyer-small.jpg Loopbane in die wetenskap Brosjure ​​​