Graadprogramme in Wiskundige Wetenskappe
BSc in Wiskundige Wetenskappe
Hierdie program bied ag strome wat verskillende velde in die wiskundige wetenskappe as fokus het, waarvan jy een kies. Dit sluit in Abstrakte Wiskunde, Operasionele navorsing, Toegepaste Wiskunde en Wiskunde.
Fokusareas:
- Afhangend van die stroom wat jy kies, sal dit ten minste één wees van: Toegepaste Wiskunde, Rekenaarwetenskap, Finansiële wiskunde, Wiskundige Statistiek, Wiskunde, Operasionele Navorsing
- In kombinasie met vakke uit die wiskundige wetenskappe; of vakke uit ander dissiplines soos: Algemene Taalwetenskap, Biochemie, Biodiversiteit en Ekologie, Chemie, Ekonomie, Genetika, Geografiese Inligtingstegnologie, Musiektegnologie, Fisika, Geografiese Inligtingstegnologie
Spesifieke toelatingsvereistes:
- Wiskunde 6; EN Fisiese Wetenskappe 4 (as jy Chemie of Fisika wil neem)
BSc in Rekenaarwetenskap
Die BSc in Rekenaarwetenskap rus jou toe met 'n uitgebreide kennis van rekenaarwetenskap, insluitend programmering, rekenaarstelsels, databasisse, netwerke, bedryfstelsels en gelyklopende programmering.
Fokusareas:
- Algemene Rekenaarwetenskap (met 'n keuse tussen Toegepaste Wiskunde, Ekonomie, Algemene Taalwetenskap, Wiskundige Statistiek, Wiskunde, Operasionele Navorsing of Statistiek as hoofvak)
- Rekenaarstelsels
- Datawetenskap (met 'n keuse tussen Rekenaarwetenskap, Data Ingenieurswese, Wiskundige Statistiek en Statistiek)
- Rekenaarwetenskap met Genetika
- Rekenaarwetenskap met Geografiese Inligtingstegnologie
Spesifieke toelatingsvereistes:
- Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 4 en Wiskunde 6
- Enige ander skoolvak uit die aangewese lys van vakke vir universiteitstoelating 4
EN
- Indien jy Chemie of Fisika as keuse- of verpligte universiteitsvak wil neem: Fisiese Wetenskappe 4