Graadprogramme in Fisiese Wetenskappe
BSc in Chemie
Hierdie program bied studente opleiding in die verskillende velde van chemie wat anorganiese, organiese, analitiese, fisiese en polimeerchemie insluit.
Hoofvakke
- Stroom Chemie en Polimeerwetenskap: Chemie + 'n tweede hoofvak
- Stroom Chemiese Biologie: Chemie en Biochemie
- Stroom Materiaaltegnologie: Chemie, Toegepaste Chemie
Spesifieke toelatingsvereistes
- Wiskunde 6 EN Fisiese Wetenskappe 4
BSc in Fisika
Hierdie program rus studente toe met die Fisika-kennis, tegniese en spesifieke wetenskapsvaardighede wat vereis word in Laserfisika, Kernfisika, Stralings- en Gesondheidsfiska, sowel as Teoretiese Fisika.
Hoofvakke/Kernvakke
- Strome Laserfisika (Fisiese), Kernfisika, Stralings- en Gesondheidsfisika: Fisika en Toegepaste Wiskunde, Chemie, Rekenaarwetenskap, Wiskunde
- Stroom Laserfisika (Biologiese): Fisika, Biochemie
- Stroom Teoretiese Fisika: Fisika en Toegepaste Wiskunde, Rekenaarwetenskap, Wiskunde
Spesifieke toelatingsvereistes
- Wiskunde 6 EN Fisiese Wetenskappe 4
BSc in Aardwetenskap
Hierdie program fokus op die praktiese en teoretiese opleiding in geologie en geo-omgewingswetenskap.
Hoofvakke/Kernvakke
- Stroom Toegepaste Aardwetenskap: Geologie, Geografiese Inligtingstegnologie
- Stroom Geo-omgewingswetenskap: Geologie, Omgewingsgeochemie, Geografie en Omgewingstudie
Spesifieke toelatingsvereistes
- Wiskunde 6 OF Wiskunde 5 (afhangend van jou vakkeuse); EN Fisiese Wetenskappe 4
BSc in GeoInformatika
Hierdie program fokus op die teoretiese, metodologiese en praktiese aspekte van geo-informatika ten einde ruimtelike inligting digitaal vas te lê, te manipuleer, te ontleed, te modelleer en kartografies voor te stel.
Hoofvakke
- Geografiese Inligtingstegnologie EN Rekenaarwetenskap, Sosio-informatika
Spesifieke toelatingsvereistes
- Wiskunde 6 OF Wiskunde 5 (afhangend van jou vakkeuse); EN Fisiese Wetenskappe 4