Maties
Welkom by Universiteit Stellenbosch

2024 US-befondsing: Aansoeke heropen 16–31 Okt

​Aansoeke vir die 2024 Universiteit Stellenbosch- (US-) Befondsingsgeleenthede* heropen slegs vir ʼn tydperk van twee weke: Maandag, 16 tot Dinsdag 31 Oktober 2023.

Finansiële omstandighede kan onverwags verander, en ons moedig jou aan om aansoek te doen vir US-befondsing vir die 2024 akademiese jaar.

Indien jy finansieel in aanmerking kom vir die Suid-Afrikaanse regering se Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS) – 'n bruto huishoudelike inkomste voor belasting en uitgawes van hoogstens R350 000 per jaar, en vir ʼn persoon wat met ʼn gestremdheid leef, dan nie meer as R600 000 per jaar nie – beveel ons jou sterk aan om ook aansoek om US-befondsing te doen. Sodoende sal jy op die SVBL se databasis geregistreer wees en vir befondsing van die Universiteit in aanmerking kom om die finansiële gapings wat nie deur 2024-NSFAS-toelaes gedek word nie, te oorbrug. NSFAS-aansoeke open op 28 September 2023 en sluit op 31 Januarie 2024 (datums onderhewig aan verandering). 

​Vir instruksies oor hoe om aansoek te doen en die skakel na die aanlyn aansoekvorm, hersien asseblief die Aansoekproses-oortjie, https://finaid.sun.ac.za/af/application-process. Sodra jy jou ondersteuningsdokumente voorberei het, sal die aansoek slegs 15 minute neem om te voltooi.

Jou aansoek is nie volledig voordat jy al die vereiste ondersteuningsdokumente oplaai nie, en dit moet teen middernag van Dinsdag, 31 Oktober 2023 ingedien word.

Indien jy enige navrae het of bystand met die aansoekproses benodig, skakel asseblief US-Kliëntedienste by 021 808 9111.

Vriendelike groete
Sentrum vir Voorgraadse Beurse & Lenings (SVBL)

*Die US het beperkte fondse beskikbaar. 'n Aansoek om befondsing is nie 'n waarborg dat 'n beurs toegeken sal word nie​.