Fonds vir Innovasie en Navorsing in Leer en Onderrig (FINLO)
In ooreenstemming met sy Onderrig-en-Leerbeleid, het die Universiteit Stellenbosch die Fonds vir Innovasie en Navorsing in Leer en Onderrig (FINLO) in 2005 opgestel ten einde 'n kultuur van innovering en besinning oor leer en onderrig by die Universiteit aan te moedig. Die Fonds verskaf 'n geleentheid vir dosente om te innoveer, doeltreffende praktyke en prosesse te evalueer, en leer-en-onderrig -probleme, ‑oplossings en -prosesse te ondersoek. Dit bied ook 'n meganisme vir die beskikbaarstelling van resultate wat ontwerp is om die gehalte van leer en onderrig te verbeter. Enige dosent, dosentespan of sentrum verantwoordelik vir leer en onderrig kan vir 'n toekenning aansoek doen.
FINLO-toekennings word twee maal 'n jaar deur 'n subkomitee van die Komitee vir Leer en Onderrig gemaak. Aansoeke word tot 'n maksimum bedrag van R50 000 befonds. Alle aansoeke word oorweeg deur die
FINLO-komitee, wat uit die volgende lede bestaan:
- Dr Melanie Skead, Direkteur: Sentrum vir Onderrig en Leer, mskead@sun.ac.za
-
Dr Nicoline Herman, Adjunkdirekteur: Sentrum vir Onderrig en Leer, nherman@sun.ac.za
-
Mev Jean Farmer, FINLO Projekbestuurder; Adviseur: Sentrum vir Onderrig en Leer,
finlo@sun.ac.za.
- Dr Faaiz Gierdien, Kurrikulumstudie, Fakulteit Opvoedkunde, faaiz@sun.ac.za
- Dr Taryn Bernard, Fakulteit van Lettere en Sosiale Wetenskappe, tbernard@sun.ac.za
- Dr Margaret Blackie, Chemie en Polimeerwetenskap, Fakulteit Natuurwetenskappe, mblackie@sun.ac.za
- Dr JP Bosman, Direkteur: Sentrum vir Leertegnologieë, jpbosman@sun.ac.za
- Prof Ashraf Kagee, Sielkunde, Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe,
skagee@sun.ac.za
Hoe om vir FINLO-toekennings Aansoek te doen:
Ontwikkel u idee, praat met kollegas en vra die SOL adviseur in jou fakulteit vir terugvoer.
Die 2020 elektroniese FINLO aansoekvorm is hier. Dit kan jou help om voor te berei vir die 2021 aansoeke.
U moet veral aandag gee aan die
riglyne van die aansoek vir die Fonds soos deur die Senaat goedgekeur.
Hoe om 'n FINLO-verslag saam te stel:
Gebruik hierdie templaat om oor u FIRLT-projek verslag te doen
Hoe om hulp te kry vir jou FINLO projek:
Ter ondersteuning van FIRLT/FINLO-projekte bied Stellenbosch Universiteit Skryfgeleenthede aan.
Skryfgeleenthede verskaf toegewyde skryftyd weg van die kantoor af. Dit is halfjaarlikse geleenthede (gewoonlik in Mei en November) vir beide nuweling- en ervare onderrignavorsers om hulle FIRLT/FINLO-projekte te versterk of om aan hulle &&O-publikasies te werk. Vir meer inligting, besoek die Skryfgeleenthede bladsy,
kliek hier.
Academici kan ook hulle fakulteit se SOL adviseur kontak vir hulp met FINLO aansoeke.
Kliek hier vir jou adviseur se kontaknommers.
FINLO Suksesse:

Neurologie-opleiding nóú makliker danksy nuwe video-fasiliteit
Met behulp van befondsing wat deur die Universiteit Stellenbosch (US) se Fonds vir Innovasie en Navorsing in Leer en Onderrig (FINLO) beskikbaar gestel is, word video-fasiliteite vir afstandsonderrig in neurologie by drie kliniese leersentrums in die Wes-Kaap geïmplementeer.
Klik hier vir 'n Lys van ontvangers van vorige FINLO-toekennings (met hulle kontak besonderhede).