Centre for Teaching & Learning
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Meer oor ons

​​​​​ 

Die Afdeling ressorteer onder die verantwoordelikheidsentra van die ​Viserektor: Leer ​​en Onderrig.

Die Sentrum vir Onderrig en Leer vorm deel van 'n groter omgewing, wat bekend staan as die Afdeling Leer- en Onderrigverryking.  Ons werk saam binne hierdie afdeling met drie ander sentra: die Taalsentrum, die Sentrum vir LeertegnologieëSentrum vir Akademiese Beplanning en Gehalteversekering en die Hibriede Leer projek​.  Die Sentrum vir Onderrig en Leer, as 'n kern lid van die Afdeling Leer-en Onderrigverryking, ondersteun alle strategiese leer-en-onderrig inisiatiewe van die US.  Ander interne vennote van die Sentrum vir Onderrig en Leer is die fakulteite en hulle dosente, vir wie ons leergeleenthede bied, sowel as die onderskeie komitees rakende onderrig en leer, soos die Komitee vir Leer en Onderrig ('n subkomitee van die Senaat). ​ ​



​​​


Hulp aan and​​​er

Patch.jpg PATCH Helderberg​


Die PATCH Helderberg Kindermishandelingsentrum ondersteun alle kinderslagoffers van seksuele mishandeling in die Helderbergarea van Kaapstad, Suid-Afrika, en streef daarna om die voorkoms van hierdie verskriklike misdaad teen onskuldige kinders te voorkom. SOL-personeel het pakkies geskenk wat gebruik is om kinderslagoffers tydens hulle herstelproses te help.

​​  As u meer wil weet of vir PATCH wil ondersteun, besoek asseblief:  PATCH Helderberg


​​
Child Welfare Stellenbosch.jpg

Child Welfare South Africa:  Stellenbosch​​

Child Welfare SA Stellenbosch se missie is om die veiligheid, welsyn en gesonde ontwikkeling van kinders en families in Stellenbosch te bevorder, te beskerm en te versterk. SOL-personeel het geskenkies vir babas geskenk na aanleiding van 'n artikel in die Eikestadnuus​.

 ​​ Indien u meer wil weet of vir Child Welfare SA Stellenbosch wil ondersteun, besoek asseblief hulle
facebook page.

Op die foto hierbo (van links): Celeste van Child Welfare, Bettie Nieuwoudt (Direkteur: Child Welfare SA: Stellenbosch) en die volgende personeellede van SOL:  Jo-Wene Michaels, Sharlene Kleinsmith, Anthea Jacobs, Ilke Gideons, Roshnique Daniels, Veronica Beukes, Natasha Alberts, Melanie Petersen, Farrel Kleinsmith en Nothemba Nqayi.​


SSVO1_10.jpg Bruckner de Villiers

Die Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling (SSVO) en SOL het stoele aan die Bruckner de Villiers primêre skool in Hectorstraat in Idasvallei geskenk.​