Medicine
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Departement Geneeskunde

Afdeling Infeksiesiektes

 

Die Afdeling Infeksiesiektes is deel van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe aan die Stellenbosch Universiteit op die Tygerberg-kampus en is 'n stigterslid van die Stellenbosch Universiteit se Infeksiesiektes Sentrum. Ons buitepasientdienste is gebaseer in die Infeksiesiekteskliniek in Tygerberghospitaal: Dit bestaan uit 'n standaard MIV antiretrovirale behandelingskliniek insluitende PMTCT, klinieke vir meer gekompliseerde infektiewe siektesprobleme (insluitende virale hepatitis en MIV mede-infeksie, TB en MIV mede-infeksie en MIV-verwante niersiektes), asook 'n kliniek spesifiek vir primêre immuungebrekssiektes. Binnepasiëntdienste sluit in antibiota kontrole en kliniese infeksiesiekte konsultasies vir al die departemente in Tygerberghospitaal. Ons het ook 'n aktiewe uitreikdiens na die verskeie dorpe in ons verwysingsarea insluitend Paarl, Worcester, Eersterivier en Somerset-Wes. Voor- en nagraadse onderrig in infeksiesiektes word op 'n gestruktureerde en deurlopende platform aangebied.

 

Hoof: Dr J J Taljaard
Tel: +27 21 938 5229
Faks: +27 21 938 9870
E-pos: jjt@sun.ac.za

 

 

 

Kontakbesonderhede

Tel Kliniek: +27 21 938 4592 of 5229
Faks Kliniek: +27 21 938 6116

Fisiese adres: C8A Oos Infeksiesiektes Eenheid, Tygerberghospitaal, Tygerberg
Posadres: Posbus 19063, Tygerberg, 7505
 

Ander personeel

 


Infeksiesiektes Sentrum vennote

 

  • Direkteur: Infeksiesiektes Sentrum - Prof Jean Nachega
  • Afdeling Geneeskundige Mikrobiologie en Immunologie – Prof Andrew Whitelaw, Dr Heidi Orth, Dr Rena Hoffmann, Dr Catherine Samuel, Dr Kim Hoek, Dr Monica Esser
  • Afdeling Geneeskundige Virologie - Prof Wolfgang Preiser, Dr Gert van Zyl, Dr Jean Maritz, Dr Monique Andersson
  • Departement Pediatrie en Kindergesondheid - Prof Mark Cotton, Dr Helena Rabie, Prof Simon Schaaf
  • Eenheid vir Infeksievoorkoming en -Beheer – Dr Jack Meintjes, Dr Angela Dramowski
  • Afdeling Gemeenskapsgesondheid - Dr Hassan Mohamed
  • Afdeling Molekulêre Biologie en Mensgenetika (Sentrum vir Uitnemendheid in Tuberkulose Navorsing) – Prof Rob Warren, Prof Gerhard Walzl, Prof Andreas Diacon, Prof Tommy Victor
  • Departement Verloskunde en Ginekologie - Prof Gerhard Theron, Prof Hennie Botha
  • Afdeling Nefrologie - Prof Rafique Moosa
  • Afdeling Gastroënterologie en Lewersiektes - Prof Christo van Rensburg
  • Afdeling Dermatologie - Dr Willie Visser
  • Afdeling Algemene Interne Geneeskunde Tygerberg Hospitaal - Dr Neshaad Schrueder
  • Khayelitsha Distrikshospitaal, Kaapstad - Dr Rosie Burton
  • Brewelskloof TB-hospitaal, Worcester - Dr Danie Theron
  • Departement Geneeskunde, Worcester Hospitaal, Worcester - Dr Karl Klussmann, Dr Cronje Heys
  • Departement Geneeskunde, Paarl Hospitaal, Paarl - Dr Emmanuel Marcos, Dr Corlia Piek
  • Universiteit van Fort Hare, Oos-Londen

 

Dienste

  • Buitepasiënte inleiding en monitering van ARV medikasie in gevorderde MIV-siekte, MIV en swangerskap, MIV-verwante niersiektes en MIV-verwante lewersiektes
  • Daaglikse binnepasiënte infeksiesiekte konsultasiediens
  • Na-ure infeksiesiekte spesialis aan diens
  • Antibiotika rentmeesterskapprogram
  • Weeklikse intensiewe sorgeenheid infeksiekte saalrondte
  • Weeklikse nieroorplanting en hematologie (neutropenie) saalrondte
  • Infeksiesiekte uitreik en ondersteuning

 

Onderrig

  • Voorgraadse geneeskunde onderrig (Infeksiesiekte blok)
  • Nagraadse onderrig: Interne geneeskunde en infeksiesiektes
  • MMed (Interne Geneeskunde) toesig
  • NIMART onderrig en mentorskap
  • PACK onderrig

 

Spesiale belangstelling / Navorsingsprojekte

  • Antibiotika rentmeesterskap – JT, AW
  • TB/MIV mede-infeksie en TB-IRIS – JT, JN
  • MIV verwante niersiektes – RM, JT
  • TB infeksievoorkoming en -beheer – JM, AD, JT
  • Servikale kanker en HPV – HB
  • MIV en swangerskap – MvS, MA, JT, GT, MC
  • Kaposi-sarkoom – ZI, JT, WV
  • Virale Hepatitis/MIV mede-infeksie – MA, JT, SH
  • MIV Kliniese Proewe - MvS, JT, HP, JN, MC
  • MIV Epidemiologie– HP, HR
  • Primêre immuungebrekssiektes – ME, PB
  • Oorplanting-verwante infeksiesiektes – PB
  • ART medikasie nakoming – SH, JN
  • Voor- en nagraadse onderrig – JT, PB
  • MIV verwysings evaluasie – ZI, SH, JT, PB, MvS

 

Nuttige skakel