Endocrinology
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​Afdeling Endokrinologie

​Welkom by die Afdeling Endokrinologie by die Universiteit Stellenbosch en Tygerberg-hospitaal

Die afdeling funksioneer as 'n sub-spesialis onderrig- en navorsingsentrum en vorm 'n integrale deel van die Departement Geneeskunde. Dit is 'n leier in Suid-Afrika in osteoporose, diabetes en algemene endokrinologie behandeling en navorsing.

Die afdeling bestaan uit twee dele:

» Kliniese endokrinologie

» Stephen Hough Basiese Wetenskappe Navorsingslaboratorium 

 

Geskiedenis

  • Die "Endokriene Eenheid" is meer as 40 jaar gelede tot stand gebring.
  • Professor Jan de V Lochner was instrumenteel in die konsep and vorming.
  • Saal A10 het oorspronklik bestaan uit die Metaboliese Eenheid & Endokriene Laboratoriums, die Endokrien buitepasiënte is in 1976 geopen.
  • Professor Stephen Hough was die eerste opgeleide endokrinoloog (VSA) aan die hoof van die eenheid – vanaf die middel 1980's tot 2006.
  • Hy het die Metaboliese Beeneenheid gevestig en in 1989 die eerste dubbel x-straal absorptiometrie skandeerder (DXA) vir beenmineraaldigtheid (BMD) in Suid-Afrika toegevoeg tot die eenheid.
  • Die beenlaboratorium is die enigste lab in Suid-Afrika wat ongedekalsifiseerde beenbiopsies kan verwerk.
  • Prof Brynne Ascott-Evans is die hoof van die eenheid sedert 2007.