Endocrinology
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Afdeling Endokrinologie

Kliniese Endokrinologie

Metaboliese beenfasiliteit

Beendensitometrie (DXA)

  • Beenmineraaldigtheidmetings
  • Liggaamskomposisie-metings
  • Kleindier-metings

DXA is die enigste betroubare en herproduseebare metode om beenmineraaldigtheid te evalueer in pasiënte en is 'n essensiële deel van die diagnostiese opwerk van osteoporose pasiënte. Die beendigtheidfasiliteit in die Endokriene Eenheid voorsien 'n verrykende diens tot talle departemente in die hospitaal en sekondêre hospitale in die Wes-Kaap. Ons is toegerus om lumbale werwels, heup en voorarm beenmineraaldigtheid sovel as laterale werwel assesserings te doen. Totale liggaamskomposisie-metings is ook beskikbaar by ons fasiliteit. Ons is ook opgelei om kleindier beenmineraaldigtheid- en liggamskomposisie-metings te doen. Kontrak en akademiese navorsingsprojekte maak ook gebruik van ons fasiliteit – sien publikasies.

 

Beenhistologielaboratorium

  • Iliale crista beenhistologie
  • Dier beenhistologie

Die beenhistologielaboratorium is die enigste nasionale verwysingsentrum vir die evaluasie van histomorfometrie van die iliale crista (ongedekalsifiseerde) beenbiopsies in Suid-Afrika. Akademiese navorsingsprojekte met dier- en mensbiopsies maak gebruik van ons fasiliteit – sien publikasies en navorsing.