Medicine
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Departement Geneeskunde

Afdeling Endokrinologie

 

Endokrinologie word gehuisves in 'n goed-toegeruste (insluitende biochemiese -, been-densitometrie -, en beenhistologie-laboratoria) 15-bed Metaboliese Eenheid in die Tygerberg Akademiese Hospitaal. Buitepasiëntfasiliteite en basiese navorsingslaboratoria (3eVloer Kliniese Gebou) is ook beskikbaar. 'n Uitgebreide pasiëntsorgdiens in Algemene Endokrinologie, Diabetologie en Metabolisme word aan die hospital en sy dreineringsgebied voorsien, maar die afdeling funksioneer ook as verwysingsentrum vir pasiënte met metaboliese beensiektes soos osteoporose en diegene met komplekse endokrinopatiëe. Die afdeling het 'n langstaande en indrukwekkende navorsingsrekord op basiese sowel as kliniese vlak, en is aktief by voor- asook nagraadse onderrig betrokke.

 

Hoof: Prof B H Ascott-Evans
Kwalifikasies: MBChB (UCT), FCP (SA)
E-pos: bae@sun.ac.za

 

Kontakbesonderhede

Universiteit:
Jennifer Stopford
021 938 9074
Jennifer@sun.ac.za

Tygerberg:
Lee-Ann Korasie
021 938 5125
cardoza@sun.ac.za

 

Ander personeel

1-2 roterende Kliniese Assistente; PhD studente

 

Navorsingsbelange

  • Molekulêre biologie van osteoblast en stamseldifferensiasie, proliferasie en apoptose - in die besonder hoe dit verband hou met die invloed van glukokortikoïede op been.
  • Diabetes, insulienweerstandigheid en die metaboliese sindroom.
  • Etniese verskille in beensterkte en die voorkoms van frakture.
  • Kliniese tiroïedologie
  • Pituïtêre tumore.

Nuttige skakels

  • Vereniging vir Endokrinologie, Metabolisme en Diabetes van Suid Afrika         
    (SEMDSA) - www.semdsa.org.za  
  •  Nasionale Osteoporose-stigting van Suid Afrika
    (NOFSA) - www.osteoporosis.org.za