Endocrinology
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​Afdeling Endokrinologie

​Kliniese Endokrinologie

Dienste

Die afdeling het besondere kliniese belanstellings in:

  • Pituïtêre siekte
  • Diabetes in swangerskap
  • Osteoporose
  • Neuroendokriene tumore
  • Tiroïedsiekte

     

Binnepasiëntdienste:

  • Die Endokriene Eenheid het 12 toegewyde beddens vir die toelating en opwerk van pasiënte met diabetes mellitus en ander endokrinopatieë.
  • Ons het toegang tot diëetkundige dienste vir binnepasiënt assessering van alle pasiënte met diabetes.

     

Buitepasiëntklinieke:

  • Tipe 1 diabetes mellitus kliniek (weekliks)
  • Tipe 2 diabetes mellitus kliniek (weekliks)
  • Post-partum diabetes kliniek (maandliks)
  • Algemene endokriene kliniek (weekliks)

 

Vergaderings:

  • Neuroendokriene tumor vergadering: Maandlikse multidissiplinêre samebespreking tussen endokrinologie, algemene chirurgie, kerngeneeskunde, patologie en onkologie.
  • Pituïtêre vergadering: Maandlikse multidissiplinêre vergadering wat bygewoon word deur endokrinologie, radiologie, neurochirurgie en stralingsonkologie, waar die hantering van pasiënte met pituïtêre patologie bespreek word.
  • Diabetes in swangerskap: Weeklikse saalrondte met die verloskunde department se spesiale sorg span waar gekompliseerde pasiënte met diabetes in swangerskap bespreek and hanteer word.
  • Gekombineerde Groote Schuur en Tygerberg Hospitaal akademiese vergadering: Maandelikse vergadering waar interessante en ingewikkelde endokriene gevalle bespreek en gedebatteer word.

Ons verwelkom bywoning en deelname by ons vergaderings van alle klinici (publiek en privaat) met 'n belangstelling in endokrinologie. Ons verleen graag bystand om komplekse gevalle van buite te bespreek. Vir meer inligting oor ons vergaderings,  kontak ons gerus.

 

Dubbel x-straal absorptiometrie:

Die afdeling bied 'n DXA-beelding diens aan die hospitaal en navorsingspasiënte.