Medicine
Welkom by Universiteit Stellenbosch

banner.jpg 

​​​​​​​​​Departement Geneeskunde 

Die Departement sal daarna streef om die sentrum  van uitmuntendheid in Medisyne in die land te word:

ONDERRIG

Dit sal streef om die mees omvattende, relevante tog genotvolle leerervaring te bied.  Ons sal  dit doen binne die raamwerk van die transformasiehandves wat deur die Departement van Interne Geneeskunde  in Junie 2005 aanvaar is.  Dit sal streef om te verseker dat die personeel op alle vlakke die profiel van die gemeenskap weerspieël wat ons dien.  Dit sal 'n bemagtigende en aangename werksomgewing vir personeel en studente skep om in te werk, leer en kommunikeer.  Spanwerk en samewerkende interaksie sal aangemoedig word.

DIENS

Dit streef om 'n aan die gemeenskap 'n diens te lewer van die hoogs moontlike standaard, en om dit in die mees koste-effektiewe wyse binne die heersende finansiële en menslike hulpbronne te doen.

NAVORSING

Dit streef om navorsing te doen wat eties en relevant is, en sover moontlik die bevindings aan die gemeenskap wat dit dien, te kommunikeer.

Ronel​​​

Prof  H Reuter​

Hoof