pgstudies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​SKOOL VIR PUBLIEKE LEIERSKAP​

Die Skool vir Publieke Leierskap is verbind tot gemeenskapsgerigte, nasionaal en internasionaal mededingende akademiese en professionele onderrig, navorsing en dienslewering op die terrein van beplanning, openbare bestuur, openbarebeleidsontleding, ontwikkeling en omgewingsbestuur vir die gesamentlike en gelyke bevordering van volhoubare ontwikkeling. 

Die Skool se verskillende afdelings, elk met sy eie spesialiseringsgebied, funksioneer vanaf die Stellenbosch-, Bellvillepark- en Lynedoch-kampusse van die Universiteit. Ons spesialiseringsgebiede en programaanbod verskyn hieronder. 

Die Skool het uitruilooreenkomste met universiteite in Argentinië, Nederland, Duitsland, Swede, Denemarke, Italië en die Verenigde State (universiteite van Rutgers en Wyoming). Europese studente volg dikwels US-semestermodules en bou sodoende krediete op om hulle grade te voltooi.

​​
Aansoekproses