pgstudies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​Departement STATISTIEK EN AKTUARIËLE WETENSKAP​​​

Die Departement Statistiek en Aktuariële Wetenskap is een van die oudstes van sy soort in Suid-Afrika. Statistiek is reeds tien jaar vóór die stigting van die Departement in 1946 as vak aangebied, maar hoofsaaklik vir studente in die handelswetenskappe. Daarom is die Departement in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe tot stand gebring. Sedertdien het die omgewings wat statistiekonderrig vereis snel toegeneem. Die Departement bied sedert 1985 ook Aktuariële Wetenskap aan en is, benewens sy akademiese verantwoordelikhede, boonop die tuiste van die Sentrum vir Statistiese Konsultasie, wat ’n statistieksteundiens aan alle navorsers by die Universiteit voorsien.​

SPESIALISERINGSGEBIEDE SLUIT DIE VOLGENDE IN - 

Die Departement voorsien onderrig op verskeie verbandhoudende gebiede, waaronder aktuariële wetenskap (tot op doktorale vlak), finansiële risikobestuur (tot op magistervlak), statistiek (tot op doktorale vlak) en wiskundige statistiek (tot op doktorale vlak). Hieronder volg ’n samevatting van die beskikbare vakgebiede.​

AKTUARIËLE WETENSKAP​

Die nagraadse programme sluit van die latere vakke van die Aktuariële Vereniging van Suid-Afrika in, asook sommige keusemodules. Suksesvolle studente kan eksamenvrystellings van die aktuariële beroepsraad verkry in die dienooreenkomstige vakke wat aangebied word in die nagraadse programme.​

Die honneursprogram sluit in Aktuariële Risikobestuur (A311) en Kommunikasie (N211). Die nagraadse diploma- en magisterprogramme sluit vakke op die genootskapsvlak (F100-vlak) in. Die magisterprogram vereis ook die indiening van 'n navorsingsprojek/tesis.

Verdere besonderhede is beskikbaar op die department se webblad.

FINANSIËLE RISIKOBESTUUR

​Finansiële wiskundige statistiek, gevorderde afgeleide finansiële instrumente, finansiële risikobestuur, gevorderde moderne portefeuljebestuursteorie, praktiese finansiële modellering (Excel en Visual Basic), afgeleide kredietinstrumente, alternatiewe beleggings, stogastiese finansiële simulasie, en finansiële risikobestuursprogrammering (R/S Plus, SAS Risk Dimensions, Mathlab).

WISKUNDIGE STATISTIEK EN STATISTIEK

Gevorderde inferensiële statistiek, Bayes-statistiek, biostatistiek, skoenlus en verbandhoudende rekenaarintensiewe tegnieke, kategoriese data-ontleding, konsultasiepraktyk, data-ontginning, eksperimentele ontwerp, ekstreemwaardeteorie, grootsteekproefontleding, multidimensionele skalering, multiveranderlike- statistiese ontleding, waarskynlikheidsmodelle en stogastiese simulasie, waarskynlikheidsteorie, nieparametriese tegnieke, steekproefteorie, S-PLUS- en R-programmering, statistiese leerteorie, statistiese gehaltebeheer, oorlewingsontleding, tydreeksontleding.​

NAGRAADSE KWALIFIKASIES​​
 NAGRAADSE DIPLOMAS ​ ​  HONNEURSGRADE ​​​ ​  MAGISTERGRADE  DOKTORALEGRADE

Aansoekproses