pgstudies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​SENTRUM VIR VOLHOUBAARHEIDSOORGANGE​

​Die Sentrum vir Volhoubaarheidsoorgange (CST[EW1] ) is 'n vlagskip-inisiatief vir navorsing, onderrig en opleiding aan die Universiteit Stellenbosch wat navorsing oor transdissiplinariteit, komplekse teorie, volhoubaarheid en sosiaal-ekologiese veerkrag bymekaartrek om dringende volhoubaarheids- en ontwikkelingsuitdagings oor die land, kontinent en wêreld heen te stuur. Die CST huisves toonaangewende wetenskaplikes en studente vanuit 'n verskeidenheid dissiplinêre agtergronde en bevorder samewerkende ondernemings met verskeie departemente vanoor die Universiteit, die land en die wêreld om 'n lewenskragtige bymekaarkompunt vir oplossingsgerigte, transdissiplinêre volhoubaarheidswetenskap te bied.

Die CST verskaf opleiding vir drie nagraadse kwalifikasies: die NGDip (NKR-vlak 8), die MPhil (NKR-vlak 9) en die PhD (NKR-vlak 10) in Volhoubare Ontwikkeling.

Vir 'n oorsig oor die NGDip-, MPhil- of PhD-program, bekyk gerus die toepaslike afdeling in die Fakulteit se Jaarboek.​

​NAGRAADSE DIPLOMA IN VOLHOUBARE ONTWIKKELING

Die Nagraadse Diploma (NGDip) in Volhoubare Ontwikkeling is 'n kwalifikasie op honneursvlak. Dit behels agt onderrigte modules en kan oor een of twee jaar afgehandel word. Die program word in samewerking met die Volhoubaarheidsinstituut by die ekodorpie in Lynedoch, buite Stellenbosch, aangebied. Leer in lewende lywe vind grootliks by die Volhoubaarheidsinstituut se praktykshub plaas, ook modules wat op die Universiteit Stellenbosch se hoofkampus aangebied word.

Die NGDip dien as toetreepunt tot die CST se breër omgewing vir navorsing en nagraadse opleiding. Studente wat die NGDip verwerf het en graag hulle opleiding in akademiese navorsing wil voortsit, kan vir die MPhil-program aansoek doen, en daarna vir die PhD-program.

Aansoeke vir die NGDip sluit op 31 Augustus.

MPHIL IN VOLHOUBARE ONTWIKKELING ​​

Die MPhil in Volhoubare Ontwikkeling behels 'n navorsingstesis plus minstens twee modules. Dit word oor twee jaar aangebied.

Aansoeke vir die MPhil sluit op 30 September.

DOKTORALE PROGRAM IN VOLHOUBARE ONTWIKKELING​

Die PhD in Volhoubare Ontwikkeling is 'n navorsingsgebaseerde kwalifikasie. Bekyk asseblief die riglyn vir voornemende PhD-studente onder “Stawende dokumente" vir meer inligting oor aansoeke vir hierdie program.

Aansoekproses