pgstudies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​Departement Logistiek​

Die Departement is in 1960 gestig en is die oudste tersiêre akademiese departement in Suid-Afrika wat onderrig in logistiek en vervoer voorsien.

Die volgende studierigtings kan tot op PhD-vlak gevolg word:

  • Logistiekbestuur​​
  • Operasionele Navorsing
  • Vervoerekonomie

Ál ons honneursprogramme  behels kursuswerk en ’n navoringseminaar (van 30 krediete). Ons magisterprogramme​ bestaan hetsy uit (1) navorsing wat op ’n tesis uitloop (van 150 of 180 krediete), of (2) kursuswerk en ’n navorsingsopdrag (van 75 krediete). Na gelang van die student se keuse van die opdrag of tesis, word die oorblywende krediete met kursuswerkmodules tot 180 opgebou. Die skakels onder “Nagraadse kwalifikasies” hieronder lei na die tersaaklike kurrikulums. Hierdie programme is residensieel.

Ons doktorale programme ​​​bestaan uit navorsing wat op ’n proefskrif uitloop. 

Omdat ons programme vir slegs ’n beperkte getal studente voorsiening maak, word studente op grond van akademiese prestasie gekeur.

SPESIALISERINGSGEBIEDE SLUIT DIE VOLGENDE IN - ​

LOGISTIEKBESTUUR

Logistiekbestuur behels die beplanning en koördinering van die vloei en berging van goedere en dienste in die voorsieningsketting. Logistici bestuur en koördineer aktiwiteite in hierdie waardeketting om ’n doeltreffende en doelmatige vloei van materiale en inligting te verseker vandat ’n behoefte ontstaan totdat daar in die behoefte voorsien word. Van die baie aktiwiteite wat by logistiek betrokke is, sluit in kliëntediens, vervoer, aankope, berging, materiaalhantering, strategiese beplanning, en voorraadbeheer en -vooruitskatting.

VERVOEREKONOMIE

Hierdie vakgebied is ’n vertakking van ekonomie wat betrekking het op die optimale verdeling van skaars hulpbronne tussen die vervoersektor en ander sektore, sowel as in die vervoersektor self. In die vervoersektor handel vervoerekonomie byvoorbeeld oor die billikheid van reis- en vragkoste, en subsidiëring as ’n instrument vir die herverdeling van inkomste. Vervoerekonomie is ook gemoeid met die ekonomiese evaluering van verskeie vervoerprojekte.

operasionele navorsing EN KWANTITATIEWE BESTUUR

Wiskundige, statistiese en rekenaarmodelle word in operasionele ​navorsing en kwantitatiewe bestuur gebruik om na optimale (of byna optimale) oplossings vir komplekse probleme te soek. Die onderliggende filosofie van hierdie vakgebied is om stelsels doeltreffend en stelselmatig te verbeter deur een of meer (soms botsende) stelseldoelwitte te verbeter.​

​​NAGRAADSE KWALIFIKASIES​​​​
 NAGRAADSE DIPLOMAS ​ ​  HONNEURSGRADE ​​​ ​  MAGISTERGRADE  DOKTORALEGRADE
Aansoekproses