pgstudies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​Departement Bedryfsielkunde​

Bedryfsielkunde handel oor die optimale ontwikkeling en benutting van menslike hulpbronne in die werksomgewing. Die Departement – die oudste van sy soort in Suid-Afrika – het ’n trotse tradisie van akademiese uitnemendheid en streef daarna om gegradueerdes van die beste gehalte aan alle sektore van die Suid-Afrikaanse ekonomie te voorsien. Bedryfsielkunde wil graag hê dat sy gegradueerdes die heersende bedryfsverwante mensebestuurskwessies van ons land op so ’n manier sal hanteer dat hulle vertroue, respek en agting by topbestuur inboesem en tot die ontwikkeling van die ryke mensepotensiaal van Suid-Afrika bydra.


PROFESSIONELE REGISTRASIE

Die BCom (Bedryfsielkunde) en HonsBCom (Bedryfsielkunde) lei tot registrasie as ’n psigometris en die MCom (Bedryfsielkunde) tot registrasie as Bedryfsielkundige by die Beroepsraad vir Sielkunde. Die nagraadse programme in Menslikehulpbronbestuur voldoen aan die regulasies van die Suid-Afrikaanse Raad vir Personeelpraktyk (SABPP).​​

Daarbenewens bied die Departement ’n nuwe Nagraadse Diploma in Strategiese Menslikehulpbron-​bestuur aan (NGDip Strategiese MHB). Dié program konsentreer op MHB-leiers se strategiese vaardighede om bedryfswaarde te skep in die strewe na die organisasie se oorhoofse doelwitte. Die program is in samewerking met van die voorste MHB-direkteure, bedryfsbestuurders en denkleiers saamgestel en volg dus ’n hipermoderne benadering tot beste MHB-praktyk wat met die realiteite en kompleksiteite van die nuwe wêreld van werk strook. Die NGDip bied ’n ontwikkelingsgeleentheid aan gegradueerdes op enige gebied wat hulle kwalifikasies met MHB-bestuurskennis en -vaardighede wil aanvul en die strategiese toepassing van die MHB-funksie in organisasies wil ondersoek. Die bekendstelling van hierdie nagraadse kwalifikasie fasiliteer voorts die loopbaanvordering van middelbestuurders in verskeie dissiplines wat mensebestuursvaardighede nodig het.

Die honneursprogramme​ sluit die volgende in - 

Magisterprogramme​ word voltyds en in Engels aangebied en sluit die volgende in - 

Die MCom in Bedryfsielkunde word in modulêre vorm in Engels aangebied (deeltyds oor twee jaar). Studente in die modulêre kursus besoek die Stellenboschkampus vir drie blokke wat oor vyf weke per jaar aangebied word.​

Kandidate wat om toelating tot  PhD-studie aansoek doen, moet oor ’n magistergraad in Bedryfsielkunde of Menslikehulpbronbestuur beskik, met ’n finale punt van ten minste 65%. Klik hi​er vir PhD-navorsingsvoorstelvereistes.


​NAGRAADSE KWALIFIKASIES​​​​
 NAGRAADSE DIPLOMAS  HONNEURSGRADE ​ ​  MAGISTERGRADE  DOKTORALEGRADE

Aansoekproses