pgstudies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​Stellenbosch Bestuurskool​

Die Stellenbosch Bestuurskool is op die US se Bellvilleparkkampus in die noorde van Kaapstad geleë. Die Bestuurskool was die eerste verbonde aan ’n Afrika-universiteit om ál drie vernaamste internasionale akkreditasies – AACSB, EQUIS en AMBA – te verkry. Die Skool behoort tot verskeie internasionale akademiese liggame, waaronder die Europese Doktorale Programvereniging in Bestuur en Bedryfsadministrasie (EDAMBA). 

Die Bestuurskool bied programme in:​

  • Besigheidsbestuur en -administrasie (Nagraadse Diploma, MBA, PhD);
  • Ontwikkelingsfinansies (Nagraadse Diploma, MPhil, PhD);
  • Toekomsstudie (Nagraadse Diploma, MPhil, PhD);
  • Bestuursafrigting (MPhil);
  • Finansiële Beplanning (Nagraadse Diploma);
  • Leierskapsontwikkeling (Nagraadse Diploma);
  • Projekbestuur (Nagraadse Diploma); en
  • Bestuursontwikkeling (verskeie kortkursusse en sertifikate).​
Ons programme bied ’n wêreldwye perspektief met unieke Afrikakonteks. Met ons grondige bestuursonderrig en -navorsing wil ons graag verantwoordelike leiers oplewer.​​
​​ ​​ 
Aansoekproses