pgstudies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​Departement Ondernemingsbestuur

Ondernemingsbestuur is een van die voorste departemente van sy soort in Suid-Afrika. Ons hoogs bekwame dosente staan aan die voorpunt van ontwikkelings in die sakewêreld. Gevolglik is ons programme ontwerp om vaardighede te ontwikkel waarna die moderne sakewêreld (sowel nasionaal as internasionaal) dringend op soek is.​​​

Ons Nagraadse Diploma in Bemarking bied studente met ’n aanvaarbare baccalaureusgraad (ook op ander terreine van ekonomiese wetenskappe) die geleentheid om in bemarking te spesialiseer. Dit is ’n jaar lange, voltydse program met aandlesings.​

Voltydse honneursprogramme word ook aangebied, met spesialiseringsmoontlikhede in die volgende rigtings:

Die program in finansiële ontleding berei studente voor vir die internasionale kwalifikasie van geoktrooieerde finansiële ontleder (CFA) van die Instituut vir Geoktrooieerde Finansiële Ontleders.

LLesings word bedags aangebied. Eksamens geskied in Junie en November. Die program sluit ook ’n opdrag in wat die vereiste navorsings- en verslagdoeningsvaardighede ontwikkel om besluitneming oor ’n bedryfsprobleem te ondersteun.

Modules vir honneursprogramme

Die honneursprogramme behels die volgende keusemodules:

  •   Gevorderde bemarkingsbestuur: Inhoud word jaarliks na gelang van heersende markomstandighede hersien om op hedendaagse gespesialiseerde bemarkingsaspekte te konsentreer, soos groen bemarking, internetbemarking en verbruikersprivaatheid.
  • ​  Gevorderde strategiese bestuur: Ontwikkel ’n omvattende begrip van strategiese bestuur en die kritiese, innoverende vermoë om transformerend oor strategiese bestuur te dink.
  •  Korporatiewe ondernemings: EVerken die groei- en winspotensiaal en die lewensvatbaarheid van selfvolhoubare projekte in gevestigde maatskappye.
  •  Afgeleide finansiële instrumente: Handel oor die teorie en praktyk van afgeleide instrumente soos vooruit- en termynkontrakte, opsies en rentekoersruilkontrakte.
  •   Finansiële bestuur: Handel oor onderwerpe soos fondsvloei-ontleding, finansiële strategie en die beleggingsbesluit.
  •  Vasterente-effekte (obligasies): Handel oor die verskillende waardasietegnieke van toepassing op obligasies, en aspekte wat in die samestelling van ’n obligasieportefeulje oorweeg moet word.
  •   Internasionale bemarking: Ondersoek die eise van bemarkingsprodukte en -dienste in internasionale markte. Handel oor onderwerpe soos die internasionale bemarkingsomgewing, geleentheidsontleding, internasionale bemarkingsnavorsing, en die formulering van wêreldwye bemarkingstrategieë.
  •   Internasionale sake: PBerei studente voor op die veeleisende internasionale sakewêreld. Rus studente toe met die vaardighede om internasionale sakedryfvere, strategiese hefbome en organisatoriese faktore te ontleed en besluitnemingsalternatiewe te skep.
  •   Die bestuur van innovasie en deurbraak-idees: Ontwikkel die gereedskap om deurbraak-idees te ontgin en innovasie in groot ondernemings en klein entrepreneursprojekte te bestuur.
  •   Bemarkingskommunikasie: Ontleed bemarkingskommunikasie om tegniese en konseptuele vaardighede te ontwikkel, veral in ’n multikulturele omgewing.
  •  Bemarkingsnavorsing: Lei studente deur die verskillende fases van wetenskaplike navorsing met die klem op die skep van inligting wat bemarkingsprobleme kan help oplos.
  •  Organisatoriese diagnose en mentorskap: Ondersoek hoe goed die organisasie as ’n stelsel funksioneer, en of alle afdelings die groter doelwitte van die organisasie bevorder.
  •  Portefeuljebestuur: Handel oor portefeuljebestuur vir individue en instellings, die batetoewysingsbesluit, strategieë vir die bestuur van aandeleportefeuljes, portefeuljeprestasiebeoordeling en -toeskrywing, portefeuljebestuur in ’n internasionale konteks, en gedragsfinansies.
  •  Eiendomsbelegging en -finansiering: Handel oor onderwerpe soos die eiendomsekonomie, eiendomsbelegging en die impak van kapitaalwinsbelasting, eiendomsfinansiering en -sekuritering, en die samestelling van eiendomsportefeuljes.
  •  Korttermynversekering: Handel oor aspekte soos risikobestuur en die vernaamste tipes versekering.
  •  Waardegebaseerde finansiële bestuur: Handel oor die toepassing van waardegebaseerde finansiële bestuursbeginsels in sake-evaluering en -waardasie, en oorweeg terselfdertyd die rol van korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid in dié proses.
​Die program Magister in Ondernemingsbestuur word voltyds (een jaar) of deeltyds (twee jaar) aangebied. Studente skryf ’n tesis oor ’n goedgekeurde onderwerp op die terrein van Ondernemingsbestuur. Die minimum vereiste om vir die magisterprogram oorweeg te word, is ’n honneursgraad in Ondernemingsbestuur wat aan ’n universiteit verwerf is. 

Die PhD in Ondernemingsbestuur word vol- of deeltyds aangebied. Studente voltooi ’n wetenskaplike proefskrif oor enige goedgekeurde onderwerp op die terrein van Ondernemingsbestuur. Die minimum vereiste om vir die PhD-program oorweeg te word, is ’n magistergraad in Ondernemingsbestuur wat aan ’n universiteit verwerf is.


​NAGRAADSE KWALIFIKASIES​​​​​
 NAGRAADSE DIPLOMAS  HONNEURSGRADE  MAGISTERGRADE  DOKTORALEGRADE​

Aansoekproses