Ons programme in openbare en ontwikkelingsbestuur is afgestem op persone wat in ’n bestuurshoedanigheid in die openbare sektor werk. Ons bied ook akademiese sertifikaatprogramme en kortkursusse in die vorm van lesings en interaktiewe telematiese onderrig aan.
Ons gevorderde diploma in Volhoubare Ontwikkeling, 'n eenjarige hibridiese program, is ideaal vir afgestudeerde en werkende professionele persone wat hulleself wil toerus om regverdige, volhoubare toekomste in die digitale era te skep. Baat by selfgerigte aanlyn leer, aangevul met daaglikse intydse sessies en drie diepgaande persoonlikekontak-sessies oor die jaar heen.
Ons honneursprogramme is lesinggebaseerd, met een kontaksessie op die Bellvilleparkkampus of in Tshwane, gevolg deur interaktiewe telematiese onderrigsessies op Stellenbosch of by ander sentrums deur die hele Suid-Afrika en in Namibië.
Die MCom in Openbare en Ontwikkelingsbestuur en die Magister in Publieke Administrasie (MPA) bestaan hetsy uit navorsing of lesinggebaseerde kursuswerk soos in die honneursprogram. Ná voltooiing van hierdie programme kan studente met doktorale studie in Openbare en Ontwikkelingstudie voortgaan.
Die PhD word deur middel van navorsing en die skryf van ’n proefskrif verwerf.