pgstudies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​Departement filosofie

Die nagraadse programme in Filosofie hou oor die algemeen verband met kontinentale filosofie en toegepaste etiek.

Volgens bestaande ooreenkomste met buitelandse universiteite (waaronder die Katolieke Universiteit van Louvain in België en ’n aantal Nederlandse universiteite) kan internasionale studente plaasvervangermodules by Stellenbosch volg terwyl hulle by hulle tuisuniversiteit geregistreer bly. Studente van Stellenbosch kan eweneens modules by uitgesoekte buitelandse universiteite volg.​


SPESIALISERINGSGEBIEDE SLUIT DIE VOLGENDE IN - 

Toegepaste Etiek

Die Nagraadse Diploma (Toegepaste Etiek) iis ’n jaar lange, deeltydse program. ’n Universiteitsgraad is ’n voorvereiste. Vier modules word aangebied. Klasse vind in twee lesingreekse van twee weke elk plaas – een aan die einde van Januarie, en een aan die einde van Julie. Assessering vind deur middel van toetse en opdragte plaas. Die program berei studente vir meer gevorderde navorsingsprogramme in Toegepaste Etiek voor, waaronder die MPhil (Toegepaste Etiek).

Die jaar lange  MPhil (Toegepaste Etiek)​ bestaan deels uit lesings en bied studente die geleentheid om in biomediese etiek, omgewingsetiek of sake-etiek te spesialiseer. Studente wat vir hierdie program aanvaar word, beskik gewoonlik oor ’n HonsBA in Filosofie of enige B-graad en ’n Nagraadse Diploma in Toegepaste Etiek (d.w.s. ten minste vier jaar opleiding).

Studente wat ’n graad van vier of meer jaar voltooi het en nié oor ’n Nagraadse Diploma in Toegepaste Etiek beskik nie, kan vir die program aanvaar word indien hulle bewys lewer van filosofie- en/of etiekopleiding wat die Departement as aanvaarbaar beskou. Studente hoef nie op kampus te woon nie, maar moet twee intensiewe kontaksessies aan die begin van elke semester bywoon. Daarna word ’n tesis vereis wat 50% van die finale punt uitmaak.

Let wel: Hierdie program word slegs elke twee jaar aangebied. Die volgende groep word in die akademiese jaar 2023 ingeneem. Raadpleeg die Departement vir verdere inligting.​

Die program PhD (Toegepaste Etiek) volg ná die MA- of MPhil-program en is die hoogste vlak van akademiese onderrig en navorsing. Die program word deur middel van konsultasie tussen studieleier en student voltooi, en studente hoef nie op kampus te woon nie.

filosofie

Die HonsBA (Filosofie) is ’n jaar lange (voltydse) of twee jaar lange (deeltydse) program. Dit bestaan uit vier ten volle lesinggebaseerde modules, en een module wat ’n navorsingsprojek onder studieleiding behels. Klasbywoning is verpligtend vir die lesingmodules.​​

Die program MA (Filosofie) bied ’n klas- en ’n navorsingsopsie. Die klasopsie bestaan uit vier lesingmodules en ’n tesis wat 50% van die finale punt uitmaak. Die navorsingsopsie bestaan uit ’n navorsingsprojek onder studieleiding, wat op ’n volledige tesis uitloop. Studente hoef nie op kampus te woon nie, maar moet geredelik beskikbaar wees vir konsultasies met hulle dosente en/of studieleier.

Die program PhD (Filosofie) volg ná die MA- of MPhil-program en is die hoogste vlak van akademiese onderrig en navorsing. Die program word deur middel van konsultasie tussen studieleier en student voltooi, en studente hoef nie op kampus te woon nie.​​


NAGRAADSE KWALIFIKASIES​​​​ 
 NAGRAADSE DIPLOMAS
 HONNEURSGRADE
 MAGISTERGRADE
 DOKTORALEGRADE​
Aansoekproses