pgstudies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​Departement geskiedenis

O​ns programme bied studente diepgaande kennis oor die wisselwerking tussen die verlede en die hede. Die hede het nie per ongeluk tot stand gekom nie, maar is deur komplekse prosesse gevorm. Ons verken sowel die aard as konstruksie van daardie prosesse.

Die doel van ons programme is om ’n verband tussen die hede en verlede te lê deur te bestudeer hoe huidige tendense oor tyd ontwikkel het. Ons ondersoek algemene sienings oor die verlede op ’n grondige, kritiese manier. Studente word aangemoedig om onder leiding van een van ons dosente hulle eie navorsingsbelangstellings uit een van die fokusgebiede hieronder te ontwikkel.

Fokusgebiede

  • Historiese dimensies in die ontwikkeling van gemeenskapsidentiteit in Suider-Afrika
  • Omgewingsgeskiedenis
  • Mens-dier geskiedenis
  • Oorlog en die samelewing 
  • Watergeskiedenis
  • Historiese perspektiewe op seks in Suid-Afrika
  • Etniese identiteit en Afrika-kultuurgeskiedenis
  • Suider-Afrikaanse politieke geskiedenis
  • Bevrydingstryde in Suider-Afrika
Die H​onsBA is ’n jaar lange kursuswerkprogram wat uit die volgende modules bestaan:
  • Teorie van geskiedskrywing
  • Geskiedenismetodologie
  • Historiografie
  • Suider-Afrikaanse geskiedenis
  • Opdrag (teoretiese/Suid-Afrikaanse geskiedenis)​​

Die magisterprogram, wat ná die honneurs volg, bestaan uit navorsing en die skryf van ’n tesis. Dit duur ten minste twee jaar om te voltooi. ​

Die PhD-program ​behels navorsing wat op die skryf van ’n proefskrif uitloop. Dit duur drie tot vier jaar om te voltooi.​


NAGRAADSE KWALIFIKASIES​​​​ 
 HONNEURSGRADE  MAGISTERGRADE
Aansoekproses