pgstudies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​Departement Musiek

Die Departement Musiek is in die hart van die Universiteit Stellenbosch (US) se sentrale kampus in die Wes-Kaapse wynland geleë. Ons is daartoe verbind om studente uit ’n wye verskeidenheid omstandighede onderwys van gehalte te bied deur hulle ons persoonlike aandag te gee.

spesialiseringsgebiede sluit die volgende in - 
Die jaar lange voltydse Nagraadse Diploma in Filmmusiek bied opleiding in gevorderde musiekteorie en praktiese toepassings, en stel studente aan ’n verskeidenheid konsepte en teoretiese raamwerke op die vakgebied van filmmusiek bekend. Die modulêre aard van die kursuswerk maak studente geleidelik vertroud met die fundamentele teoretiese konsepte waarop die kreatiewe prosesse berus.

​​Die program is ontwerp om praktisyns te ondersteun wat tans in die filmmusiekbedryf werk, maar nie enige formele musiekagtergrond het nie. Formele musiekopleiding is dus nie ’n toelatingsvereiste vir die program nie.
​​Na afloop van hierdie program sal studente gereed​ wees vir die gevorderde navorsing wat die MPhil in Filmmusiek.

As jy mal is oor musiek, en musiekverwerking of -komponering met behulp van rekenaars en sagteware jou opgewonde maak, is die Nagraadse Diploma in Musiektegnologie die program vir jou! Kies uit spesialiseringsrigtings soos die maak van klankmeesters, elektroniese komponering, en musiek vir prente.

Bou vaardighede vir die werklike wêreld:
​Jy sal deur middel van projekte die prosesvloei van werklike musiekvervaardigingsomgewings ervaar. Jy sal kennis maak met die vereiste teoretiese en praktiese vaardighede om met behulp van sagteware soos ProTools en Csound met ’n wye verskeidenheid musiekstyle te eksperimenteer. 
Boonop lei ons jou op om interaktiewe mulimediastelsels vir musiekuitvoerings, teater, opvoedkundige vermaak en museumuitstallings te ontwerp en te ontwikkel. Ons ultramoderne klankateljees en -lokale is van die beste in die land.​

Die HonsBMus bied spesialisering in een van die volgende rigtings:
  • Komposisie
  • Musiekopvoedkunde
  • Musiekwetenskap en -tegnologie
  • Praktiese Musiekstudie
Daarbenewens sal jy ’n module oor die navorsingsmetodologie van musiek volg en ’n opdrag voltooi.​

Die MMus-program ontwikkel navorsingsvaardighede deur hetsy ’n 100%- of 50%-tesis. Laasgenoemde programstruktuur sluit openbare konsertuitvoerings of komposisies in. Toelating vir die volgende uitvoeringsopsies is onderworpe aan oudisies:
  • Solo
  • Komposisie
  • Begeleiding
  • Kamermusiek
  • Dirigeerkuns
​​Verdere aanvullende werk kan vereis word.

Die MPhil in Filmmusiek bied studente die geleentheid om gevorderde navorsing oor die grondbeginsels van filmmusiek te onderneem. Die program ontwikkel en versterk kandidate se kennis van rolprentklankbane deur die stelselmatige studie van klankbane, orkestrasie, teorie en tegnologie.
Die jaar lange program bestaan uit ’n tesis (50% van die prestasiepunt) en ’n komposisieportefeulje. Formele musiekopleiding is nie ’n programvereiste nie.

​Die MPhil-program, wat klaswerkmodules en navorsing kombineer, vereis ten minste ’n jaar se voltydse studie. Dit ontwikkel gevorderde praktiese en navorsingsvaardighede op tegniese klankgebied, sowel as vaardighede in die gebruik van musieksagteware in die algemeen.

Die doktorale​ program bestaan uit ’n proefskrif en ’n mondelinge eksamen. Die studie kan uitsluitlik uit teoretiese werk bestaan, of kan ’n geïntegreerde studie wees van kreatiewe prosesse (soos openbare uitvoerings of komposisie) en teoretiese werk wat in die proefskrif beskryf word.​


NAGRAADSE KWALIFIKASIES​​​ 
 DOKTORALE​GRA​DE​​
Aansoekproses