pgstudies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​Departement GEOGRAFIE EN OMGEwINGSTUDIE

Die geskiedenis van Suid-Afrikaanse geografie is ook die geskiedenis van Geografie by die Universiteit Stellenbosch. Geografie is sedert 1839 as ’n skoolvak aangebied en het in 1914 ook ’n onafhanklike universiteitsvak geword.

As gevolg van ’n sameloop van tendense in die tersiêre onderwyssektor sedert die 1990’s is die struktuur van die Geografiedepartement fundamenteel aangepas in wat die ‘geografiese tegnologiefase’ genoem kan word. Die Departement het in 1995 sy naam na Geografie en Omgewingstudie verander; ’n onafhanklike GIS-laboratorium is geskep, en die voormalige Instituut vir Kartografiese Analise is in die Sentrum vir Geografiese Analise, ’n virtuele entiteit, omskep.

Die Departement Geografie en Omgewingstudie het in 2009 aansienlik uitgebrei danksy twee inisiatiewe: ’n oorhoofse strategiese plan met die klem op geografiese inligtingstegnologie, en die skepping van die ekstern gefinansierde Sentrum vir Streeks- en Stedelike In​novasie en Statistiese Eksplorasie (CRUISE). In 2011 word die Rampverminderingsprogram vir ’n Volhoubare Bestaan (DiMP) geskep, wat as voorloper van RADAR (die Navorsingsalliansie vir Ramp- en Risikovermindering) gedien het. In sy uitgebreide vorm sit Geografie en Omgewingstudie steeds sy tradisie van akademiese uitnemendheid voort.​

Die Departement het onder meer uitruilooreenkomste met die universiteite van Hamburg en Utrecht. Samewerkingsprojekte met hierdie universiteite handel oor GIS, toerisme en stedelike navorsing.


SPESIALISERINGSGEBIEDE SLUIT DIE VOLGENDE IN - ​

GEOGRAFIE INLIGTINGSTELSELS

Die HonsBA-program handel oor GIS, stads- of toerismeontleding, ramp-/risikobestuur en ’n navorsingstoepassing. Dit is ’n jaar lange lesinggebaseerde program wat voltyds in Engels in blokke op kampus aangebied word.

Die program HonsBSc in Geo-​Informatika draai om geografiese inligtingskunde en -tegnologie, met keusemodules in omgewingsontleding, afstandswaarneming en ramp-/risikobestuur. Dit is ’n jaar lange lesinggebaseerde program wat voltyds in Engels in blokke op kampus aangebied word. Hierdie program is geakkrediteer sodat diegene wat dit suksesvol voltooi as professionele geografiese-inligtingskundepraktisyns kan registreer.
Let wel:  Voornemende studente wat in hierdie program belang stel, moet by die Fakulteit Natuurwetenskappe registreer. Die graad HonsBSc sal na afloop van die program deur die Fakulteit Natuurwetenskappe verleen word.
Sowel die MA- as MSc-programme behels geografiese navorsing oor ruimtelike probleme in menslike geografie en loop uit op ’n tesis.

Die PhD in GeoInformakita behels navorsing oor ’n mens–omgewing-probleem uit ’n ruimtelike oogpunt en loop uit op ’n proefskrif wat ’n oorspronklike kennisbydrae lewer of bestaande kennis hervertolk.​​

​​GEOGRAFIE EN OMGEWINGSTUDIE

Die HonsBA-program handel oor GIS, stads- of toerismeontleding, ramp-/risikobestuur en ’n navorsingstoepassing. Dit is ’n jaar l​ange lesinggebaseerde program wat voltyds in Engels in blokke op kampus aangebied word.

Sowel die  MA- as MSc-programme programme behels geografiese navorsing oor ruimtelike probleme in menslike geografie en loop uit op ’n tesis.

Die PhD in Geografie en Omgewingstudie behels navorsing oor ’n mens–omgewing-probleem uit ’n ruimtelike oogpunt en loop uit op ’n proefskrif wat ’n oorspronklike kennisbydrae lewer of bestaande kennis hervertolk.​

STADS- EN STREEKBEPLANNING/-WETENSKAP

Die missie van die Streeks- en Stedelike Innovasie en Statistiese Eksplorasie (CRUISE)​is om waarde toe te voeg tot bestaande plaaslike en internasionale kennis op die gebied van stads- en streekstelselsontleding, en om hierdie kennis deur sy navorsings- en onderrigprogramme te versprei.

CRUISE bied die program Magister in Stads- en Streeksbeplanning aan, waartydens studente ’n tersaaklike beplanning- en ontwikkelingsprobleem bestudeer en oplos.

Kandidate kan een van die volgende drie opsies kies:

  • Opsie 1: Skryf ’n 100% tesis (180 krediete); OF
  • Opsie 2: Voltooi kursuswerk (90 krediete) en ’n 50% tesis (90 krediete); OF
  • Opsie 3 (twee jaar lange program): Voltooi kursuswerk (130 krediete) en ’n 50% tesis (130 krediete).
Kursuswerk handel oor stads- en streekstelselsontleding, beplanningsteorie en -wetgewing, grondgebruikbestuurspraktyk en beplanningsontwerp.

Opsies 1 en 2 is voltydse, jaar lange kursusse en word in Engels aangebied.​


Die PhD in Stads- en Streekswetenskap handel oor sistemiese toepassings in die wetenskap van stads- en streekstelsels. Kandidate moet nuwe kennis skep óf bestaande kennis oor ’n geografiese probleem hervertolk en ’n proefskrif van sowat 90 000 woorde skryf. 


NAGRAADSE KWALIFIKASIES​​​​ 
​​​  MAGISTERGRADE  DOKTORALEGRADE​
Aansoekproses