pgstudies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​Departement inligtingswetenskap

Ons nagraadse programme val in die kategorie wat die Suid-Afrikaanse regering as “skaars vaardighede” beskou. Boonop val die programme in Sosio-Informatika in die gesogte vakgroep van wetenskap, ingenieurswese en tegnologie.

Die uitgangspunt is die verskynsel van die kennisekonomie en die samelewing in soverre dit op kennisgegronde stelsels in organisasies en samelewings berus. Ons standpunt dat hierdie stelsels hoofsaaklik bedoel is om tot meer verantwoordbare besluitneming in komplekse omstandighede by te dra, onderskei ons programme duidelik van ander standaardprogramme in Suid-Afrika.

Die Sentrum vir Kennisdinamika en Besluitneming is in die Departement geleë​.


SPESIALISERINGSGEBIEDE SLUIT DIE VOLGENDE IN - 

Ingliting- en Kennisbestuur

​​Die Nagraadse Diploma (Kennis- en Inligtingstelselbestuur) is die eerste jaar van die MPhil in Inligting- en Kennisbestuur (MIKB). Die diplomakomponent is in die vorm van ’n deeltydse program. Die lesings vind hoofsaaklik van aangesig tot aangesig gedurende intensiewe kontaksessies plaas.

Die program HonsBInf (Informasiestelselbestuur) bied studente gevorderde kennis en vaardighede ten opsigte van tegnologiese stelsels en hoe dit by menslike en sosiale dinamiek geïntegreer is. Daar word veral aandag geskenk aan die ontwikkeling van kennisgebaseerde stelsels wat doeltreffendheid en besluitneming in organisasies en die samelewing wil verbeter.
Hierdie intensiewe jaar lange program bestaan uit kontakonderrig en ’n onafhanklike projek. ​

Die jaar lange MPhil-program bestaan uit ’n navorsingsprojek oor die bestuur van, leierskap in, en die strategiese ontwikkeling van, kennis-intensiewe organisasies. Slegs diegene wat die Nagraadse Diploma in Kennis- en Inligtingstelselbestuur met ten minste 65% geslaag het, kan vir dié program inskryf.​​

Socio-Informatika

Die MA-program ontwikkel navorsingsvermoë in sosio-informatika deur ’n onafhanklike navorsingsprojek wat onder studieleiding onderneem word en op die skryf van ’n tesis uitloop. 

Die PhD-program vereis onafhanklike en oorspronklike navorsing, wat tot ’n proefskrif lei.


NAGRAADSE KWALIFIKASIES​​​​ 

 
NAGRAADSE DIPLOMAS ​​ HONNEURSGRADE
 MAGISTERGRADE
Aansoekproses