pgstudies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​SENTRUM VIR NAVORSING OOR EVALUASIE, WETENSKAP EN TEGNOLOGIE (senwet)

Die Sentrum vir Navorsing oor Evaluasie, Wetenskap en Tegnologie (SENWET) is op 1 Januarie 1995 as ’n navorsingsentrum in die US se Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe tot stand gebring. Dit het in Januarie 2010 ’n akademiese departement in die Fakulteit geword.

As ’n navorsingsentrum, handel sy werk oor die breë gebiede van biblio- en wetenskapmetrie, navorsing oor kennisproduksie in die hoër onderwys, menslike hulpbronne op die gebied van wetenskap en tegnologie, navorsingsevaluering- en impakbeoordelingstudies, en die studie van wetenskaplikes se kommunikasiepatrone.​​​


SPESIALISERINGSGEBIEDE SLUIT DIE VOLGENDE IN - 

​MONITERING EN EVALUERING

Die jaar lange diplomaprogram bied opleiding aan studente wat kennis en vaardighede op die gebied van monitering- en evalueringsmetodes benodig. Dit is afgestem op professionele en ander individue wat vir die ontwerp, implementering, monitering en evaluering van programme verantwoordelik is. Studente voltooi vyf opdragte en ’n navorsingswerkstuk.

Die MPhil-program handel oor die geskiedenis en teorie van monitering en evaluering (M&E) as ’n ontluikende ‘dissipline’ uit eie reg wat in verskeie omgewings beoefen word. M&E gaan gepaard met sy eie benaderings en modelle, sy eie stel ontwerpe en metodologieë, en sy eie implementeringsdomeine.

Die toegewyde klem op die teorie, metodologie en praktyk van M&E maak die program enig in sy soort. Studente voltooi agt (ses verpligte en twee opsionele) modules sowel as ’n navorsingsopdrag.

Die twee jaar lange doktorale program help voorsien in die vraag na hoëvlak- en skaars vaardighede op die gebied van monitering- en evalueringstudies in Afrika. Die doel op dié vlak is om te sorg dat ’n nuwe geslag evalueringskundiges die nodige opleiding ontvang om die professionalisering van die terrein voort te sit, en dat ’n tradisie van akademieskap van gehalte op die gebied van monitering en evaluering in Afrika gevestig en verder uitgebou word.

Om die program suksesvol te voltooi, moet kandidate ’n deeglike begrip van die teoretiese en metodologiese eise van akademieskap op die gebied toon, wat op ’n vernuwende en oorspronklike bydrae in die vorm van ’n substantiewe proefskrif en daaropvolgende vaktydskrifartikels uitloop.

NAVORSINGSBESTUUR EN -ADMINISTRASIE

Die Nagraadse Diploma bied ’n omvattende inleiding tot die teorie, praktyk en jongste tendense van navorsingsbestuur en -administrasie in vier modules wat oor twee jaar aangebied word.

Studente is gewoonlik hetsy nuwe aanstellings of midloopbaanwerknemers in die navorsingskantore (of gelykstaande strukture) van universiteite of ander navorsingsinstellings.

STUDIE VAN WETENSKAP EN TEGNOLOGIE

Die MPhil-program behels blokkursusse en ’n navorsingsopdrag. Dit handel oor die sosiale studie van wetenskap en tegnologie sowel as verbandhoudende aspekte, waaronder wetenskap- en tegnologiebeleid, navorsingsbestuur en innovasiebestuur.

Die twee jaar lange doktorale program ebehels ’n proefskrif en handel oor die sosiale studie van wetenskap en tegnologie sowel as verbandhoudende aspekte, waaronder wetenskap- en tegnologiebeleid, navorsingsbestuur en innovasiebestuur.


NAGRAADSE KWALIFIKASIES​​​​ 
​​  MAGISTERGRADE  DOKTORALEGRADE
Aansoekproses