pgstudies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​DepartEment AFRIKATALE​

Ons programme bied studente ’n geleentheid vir gespesialiseerde studie binne die raamwerk van internasionaal erkende teorieë. Studente verken ook huidige scenario’s en praktyke in Afrikatale, en gebruik dan teoretiese insigte om met die beste oplossings vorendag te kom. 

Die nagraadse programaanbod sluit die volgende spesialiseringsgebiede in: 

  • ​Letterkunde 
  • Taalwetenskap 
  • Kommunikasiestudie 
  • Geletterdheid, taalleer en -onderrig 

Die honneursprogram in Afrikatale behels vyf kursuswerkmodules, terwyl die ​ Magisterprogram in Afrikatale uit hetsy ’n 100%-tesis of kursuswerk en ’n 50%-tesis of ’n navorsingsopdrag bestaan. 

​Die honneurs- en magistergraad in Afrikatale vir Professionele Kontekste​ is kursuswerkprogramme. Dit behels gespesialiseerde studie op ’n aantal noodsaaklike taalverwante gebiede vir taalpraktisyns in die staat- en privaat sektor wat daarvoor verantwoordelik is om die status en gebruik van Afrikatale in professionele omgewings te bevorder. Studiegebiede sluit in taalbeplanning en -beleid, kommunikasie- en diskoersontleding, en teks- en genre-ontleding. ​

Ál ons programme is geskik vir internasionale studente en kan hetsy voltyds of deeltyds gevolg word​.​ ​

​​​

​NAGRAADSE KWALIFIKASIES​​​​ 
 HONNEURSGRADE   MAGISTERGRADE​  DOKTORALE​GRADE
Aansoekproses