pgstudies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​DepartE​ment Afrikaans EN NEDERLANDS

Die Departement Afrikaans en Nederlands is ’n besonder diverse sentrum van kundigheid wat gekenmerk word deur voortgesette diskoers en samewerking met ander nasionale en internasionale taalgebiede en -beroepe. Die uiteenlopende werksaamhede van die Departement berus op navorsing van gehalte en is alles afgestem op die studie en onderrig van Afrikaanse en Nederlandse letterkunde, taalwetenskap en toepassings daarvan. Daarbenewens het die Departement ’n uiters wye aanbod van akademiese sowel as praktykgerigte meertalige onderrig in kreatiewe skryfwerk, leksikografie, vertaling, tolking en redigering​.​


SPESIALISERINGSGEBIEDE SLUIT DIE VOLGENDE IN - 

Die jaar lange lesinggebaseerde program HonsBA (Afrikaans en Nederlands) bestaan uit twee strome: Afrikaanse taalwetenskap en Afrikaanse en Nederlandse letterkunde.​

Die navorsingsgerigte program​ HonsBA (Taalp​ra​k​​tyk​) behels ’n jaar se kursuswerk. ​Die hoofdoelstelling is om jou op te lei as ’n navorser in vertaling/tolking en redigering. ’n Verdere doelstelling is om jou op te lei as ’n taalpraktisyn in twee van die volgende tale: Afrikaans, Engels, ’n Afrikataal, Suid-Afrikaanse Gebaretaal, Chinees, Duits, Frans en Nederlands. Nie alle taalopsies word noodwendig elke jaar aangebied nie. Hierdie program word aangebied deur middel van lesings. ​

MA (Afrikaans en Nederlands) kies tussen ’n 100%-tesis en ’n 66,6%-tesis wat met ses maande se kursuswerk oorsee (33,3%) aangevul word. Die universiteite van Leiden, Amsterdam, Utrecht, Tilburg en Nijmegen in Nederland en Gent in België is van die vernaamste instellings met wie ons uitruilooreenkomste het.

Die program MA (Kreatiewe Skryfkuns) word aangebied op ’n voltydse grondslag. Dit kan kampusgebaseerde seminare, lesings en werkwinkels insluit. Jy skryf ’n oorspronklike literêre teks en ’n verbandhoudende literêr-teoretiese beskouing.

Vir die program MA (Leksikografie) requires that students write a thesis on a topic in theoretical lexicography.

Die program MA (Vertaling) pvereis ’n tesis oor ’n onderwerp in vertaal-/tolk-/redigeerpraktyk of vertaal-/tolk-/redigeerteorie.

Die program PhD (Afrikaans en Nederlands) bestaan uit ’n proefskrif wat onder leidinng van een van die departementele dosente geskryf word.

Ook vir die PhD (Leksikografie) en die PhD (Vertaling) skryf studente ’n proefskrif onder leiding van ’n promotor.

​​​

NAGRAADSE KWALIFIKASIES​​​
 HONNEURSGRADE  MAGISTERGRADE  DOKTORALEGRADE
Aansoekproses