pgstudies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​Departement​ Drama

Die Departement bied ’n unieke stel professionele en akademiese programme vir nagraadse opleiding in Drama en Teaterstudie. Baie programme bevat sowel praktiese as teoretiese komponente, en onderrig kan in Afrikaans en/of Engels geskied. Inhoud is pasgemaak vir individuele studente se belangstellings en behoeftes. ’n Hele aantal spesialiseringsmoontlikhede is beskikbaar.

Die magister- en doktorale programme is ook toeganklik vir individue met ’n teoretiese kennis van drama of media, byvoorbeeld deur middel van ’n vorige graad in die letterkunde of kommunikasiestudie, of verbandhoudende kwalifikasies.

Die (lesinggebaseerde) honneursprogram duur ’n jaar en bestaan uit sowel teoretiese as praktiese komponente. Die kursuswerkmodules handel oor:

  • die metodologie van teaternavorsing;
  • gevorderde teater- en dramateorie;
  • gevorderde teksontleding (kontemporêre internasionale tekste); en
  • ​’n gevorderde teaternavorsingsopdrag.

Studente kan prakties in een van die volgende spesialiseer:

  • Drama- en teaternavorsing: Teorie, metodologie en praktyk.
  • Dramaturgie: Teksskepping, programsamestelling en toneelskryf.
  • Mediapraktyk: Teorie en praktyk van radio, televisie en video.
  • Interaktiewe teater: Teorie en praktyk van drama en teater in onder andere die onderwys, gemeenskapsteater en nywerheidsteater.
  • Regie: Spelleiding en choreografie vir die verhoog.
  • Uitvoeringsvaardighede: Toneelspel vir die verhoog, spraak en stem, musiekteater, poppespel, fisiese teater en kabaret.
  • Tegniese en bestuursvaardighede: Onder andere toegepaste teaterpraktyk, stel- en kostuumontwerp, en teater- en produksiebestuur.

Twee opsies is op on the magistervlak beskikbaar:

Die eerste opsie is ’n tesis wat 50% tot die prestasiepunt bydra indien die kandidaat ook ’n praktiese komponent saam met die navorsingstesis voltooi. Die praktiese komponent kan ’n voortsetting van die spesialiseringsgebied op honneursvlak wees.

Die tweede opsie is ’n navorsingstesis wat 100% van die pre​stasiepunt uitmaak.

Vir albei opsies moet ’n navorsingsvoorstel voor registrasie ingedien word.

Die PhD is ’n twee jaar lange vol- of deeltydse akademiese program wat op onafhanklike navorsing berus en op ’n proefskrif uitloop. Hierdie program kan ook op nieresidensiële grondslag gevolg word. Praktiese werk kan by die PhD ingesluit word. Nietemin word praktiese werk nie vir graaddoeleindes vereis nie, en word dit slegs as deel van die navorsing vir die tesis toegelaat​.

​​​

NAGRAADSE KWALIFIKASIES 
 HONNEURSGRADE
 ​MAGISTERGRADE
 DOKTORA​LEGRADE
Aansoekproses