pgstudies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​Departement joernalistiek

Die Departement Joernalistiek is die oudste gespesialiseerde nagraadse opleidingsinstelling vir die joernalistiekberoep in Suid-Afrika. Die jaar lange HonsBA-program kombineer professionele, praktiese vaardighede met konseptuele vaardighede. In die gevorderde magister- en doktorale programme verskuif die klem na navorsing oor joernalistiek in die besonder, en die media in die algemeen.​

Die HonsBA-program word voltyds aangebied, duur een jaar om te voltooi, en lei tot ’n professionele kwalifikasie. Studente wat om toelating tot hierdie program aansoek doen, moet oor ’n baccalaureusgraad beskik, of in hulle finale jaar van ’n baccalaureusprogram wees en die kwalifikasie behaal voordat die HonsBA die volgende jaar begin. Aansoeke sluit teen die einde van Augustus en keuring vind plaas in September van die vorige jaar.
Die MA is ’n lesinggebaseerde magisterprogram waarvoor studente twee bloklesingreekse op kampus moet bywoon. Studente kan tussenin afsprake vir studieleiding maak. Studente kies tussen kursuswerk en ’n 25% navorsingsopdrag, of kursuswerk plus ’n 50% tesis, of ’n 100% tesis.
Die kursuswerk behels keusemodules soos die volgende:
  • Media-entrepreneurskap en -innovasie
  • Media-etiek
  • Media, kultuur en die inligtingsamelewing
  • Mediageskiedenis
  • Wetenskapkommunikasie
Aansoeke sluit teen die einde van Augustus, en keuring vind in September plaas.

​​'n Doktorale studie kan onderneem word nadat die student en die Departement oor ’n navorsingsonderwerp en -voorstel ooreengekom het.​


NAGRAADSE KWALIFIKASIES​​​​ 
 HONNEURSGRADE  MAGISTERGRADE

 DOKTORALEGRADE
Aansoekproses