pgstudies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​Departement antieke studie

Antieke Studie konsentreer op die tale en kulture van die antieke Mediterreense wêreld en die Nabye-Ooste, met die klem op die verband tussen die Oudheid en die hedendaagse wêreld. Ons programme word in Engels en Afrikaans aangebied. Buiten die honneursprogramme in Antieke Kulture en Antieke Tale, kan alle programme deur nieresidensiële studente gevolg word. Ál ons programme is ook geskik vir internasionale studente.

Ons honneurs- en magisterprogramme duur ’n jaar.

Ons magisterprogramme rus studente toe met ’n teoretiese raamwerk en vertolkingsvaardighede. Op doktorale vlak loop dít uit op oorspronklike navorsing wat nuwe kennis skep. Doktorale studie duur ten minste twee jaar.

Ons nagraadse aanbod dek die volgende studiegebiede.​


SPESIALISERINGSGEBIEDE SLUIT DIE VOLGENDE IN - ​

ANTIEKE KULTURE

Die HonsBA-program volg ná ’n baccalaureusgraad met Antieke Kulture, Antieke Geskiedenis of een van die antieke tale as hoofvak.

Temas: : Antieke letterkunde, kuns, mitologie, godsdiens, lewensfilosofie, politieke denke, daaglikse lewe, en die ontvangs van die Oudheid​.​​

Die MA-program vereis ’n tesis met navorsingsbevindinge oor ’n aspek van antieke kulture.​

Die PhD-program vereis ’n proefskrif met die bevindinge van onafhanklike en oorspronklike navorsing oor ’n navorsingsprobleem.​​

ANTIEKE TALE

Die HonsBAprogram cbestaan uit kursuswerk en ’n opdrag wat jou kennis oor een van die antieke tale, naamlik Bybelse Hebreeus, Grieks of Latyn, uitbrei. Studente kan spesialiseer in:

  • die taalwetenskap van Bybelse Hebreeus of Nuwe-Testamentiese Grieks;
  • Bybelvertaling;
  • die letterkunde van Nuwe-Testamentiese Grieks;
  • klassieke Griekse letterkunde; en
  • Latynse letterkunde.​
​Die ​MA-program vereis ’n tesis met navorsingsbevindinge oor ’n aspek van antieke tale.

Die PhD-program​ vereis ’n proefskrif met die bevindinge van onafhanklike en oorspronklike navorsing oor ’n navorsingsprobleem.

​​​

NAGRAADSE KWALIFIKASIE​​​​S​​​

 HONNEURSGRADE​​  MAGISTERGRADE  DOKTORALEGRADE
Aansoekproses