pgstudies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​Departement SIELKUNDE

Die personeel van die Departement Sielkunde sluit van die produktiefste akademiese sielkundiges in Suid-Afrika in, van wie verskeie al prestigeryke toekennings en pryse met hulle onderrig en navorsing gewen het. Ons is daartoe verbind om navorsing, onderrig, praktykvoering en gemeenskapsdiens van die hoogste moontlike standaard te lewer. Daarom meet ons voortdurend ons akademiese uitset aan die beste ter wêreld. Ons personeel en studente publiseer in hoog aangeskrewe internasionale vaktydskrifte, en verskeie voormalige studente beklee poste by prestigeryke instellings in Suid-Afrika en elders ter wêreld. 

Deur sy onderrig, navorsing en dienslewering is die Departement daartoe verbind om die sielkundige welstand van die mense in ons streek, land en op ons vasteland te bevorder. Gevolglik plaas ons akademiese programme en navorsingsprojekte sterk klem op die psigososiale probleme waarvoor Suid-Afrika en Afrika te staan kom. Daarbenewens het ons samewerkingsooreenkomste met die Universiteit van Maastricht (Nederland), die Nasionale Outonome Universiteit (UNAM) in Meksikostad, en die Noorweegse Universiteit van Wetenskap en Tegnologie.


SPESIALISERINGSGEBIEDE SLUIT DIE VOLGENDE IN - 

OPENBARE GEESTESGESONDHEID

Die Nagraadse Diploma in Openbare Geestesgesondheid is ’n deeltydse program wat minstens twee jaar se studie vereis, en konsentreer op die ontwikkeling van leierskap en vermoë op die gebied van openbare geestesgesondheid. Dit ontwikkel ook basiese navorsingsvaardighede, veral wat betref die vermoë om navorsingsbevindinge te vertolk en vir die ontwikkeling van dienste te gebruik.

Kandidate moet oor ’n professionele graad of diploma in gesondheid of ontwikkeling op NKR-vlak 7 beskik (soos arbeidsterapie, geneeskunde, professionele verpleegkunde, maatskaplike werk of sielkunde) en moet ook bewys lewer van voldoende Engelse taal- en skryfvaardighede vir nagraadse akademiese studie.

Aanbiedingsmetodes sluit tradisionele lesings sowel as aanlyn en mobiele telekommunikasie-aktiwiteite en -hulpbronne in. Verpligte modules behels die volgende:

  • Geestesgesondheid in konteks
  • Navorsingsmetodes vir openbare geestesgesondheid
  • Intervensies vir geestesgesondheid
  • Beleid, beplanning en leierskap vir geestesgesondheid

Let wel: Hierdie program word nie noodwendig elke jaar aangebied nie.​.​

Interpersoonlike verhoudings MPhil-program is om die ontwikkeling van geestesgesondheidsverwante leierskap en vermoë in Afrika te fasiliteer.

Hierdie navorsingsprogram, wat ten minste ’n jaar se studie vereis, konsentreer op die verwerwing en uitbreiding van gespesialiseerde kennis op ’n bepaalde gebied van openbare geestesgesondheid. Dit ontwikkel ook navorsingsvaardighede, veral wat betref die beplanning en uitvoering van navorsing en die verslagdoening van navorsingsbevindinge.

Die program vereis die voltooiing van ’n module in gevorderde navorsingsmetodologie vir openbare geestesgesondheid, en die skryf van ’n tesis van 20 000 woorde oor ’n vereiste onderwerp op die gebied van openbare geestesgesondheid. Aanbiedingsmetodes sluit tradisionele lesings sowel as aanlyn en mobiele telekommunikasie-aktiwiteite en -hulpbronne in.​

sieklunde

Die jaar lange, residensiële HonsBA-program word in Engels aangebied en bestaan uit die volgende modules:

  • Psigoterapie
  • Psigopatologie
  • Psigometrie
  • Beroepsielkunde
  • Gesinsielkunde
  • Gemeenskapsielkunde
  • Kindersielkunde
  • Kognitiewe sielkunde
  • Fisiologiese ontwikkeling van vroue
  • ​Interpersoonlike verhouding​

  • Sosiale sielkunde
  • Alkoholmisbruik in Suid-Afrikaanse verband
  • Sportsielkunde
  • Hedendaagse kwessies in die sielkunde
  • Toegepaste gemeenskapsielkunde
  • Sielkunde, gesondheid en gestremdheid
  • ​Brein en gedrag
 

Die module-aanbod is onderworpe aan die beskikbaarheid van personeel en ’n minimum vereiste studentetal. Die program sluit ook ’n verpligte navorsingskomponent in.

Die MA en PhD-programme in Sielkunde is gegrond op navorsing wat in die geval van die magisterprogram op ’n tesis uitloop, en in die geval van die doktoraat op ’n proefskrif, en wat 100% van die finale punt uitmaak. Navorsing in hierdie programme is gewoonlik deel van departementele navorsingsprojekte. Dít sluit projekte oor die volgende in:

  • Kultuur en geestesgesondheid
  • Geestesgesondheid by vroue
  • Gesinswelstand
  • Trauma en posttraumatiese stresversteuring
  • Seksualiteit en MIV/vigs
  • Kindervrese
  • Toegepaste gemeenskapsielkunde
  • Aggressie
  • Ander navorsingsbelangstellings van akademiese personeel​

Die MA in Kliniese Sielkunde is a is ’n professionele program en kan tot registrasie as ’n kliniese of voorligtingsielkundige by die Beroepsraad vir Sielkunde lei. Toelating tot die program geskied volgens keuring, en tot tien studente word jaarliks aanvaar.

Aansoeke sluit op 30 Mei, en inligting oor aansoekprosedures is hier ​​​te kry.​

Die program bestaan uit teoriemodules, praktiese opleiding, professionele ontwikkeling en studieleiding, met blootstelling aan werk met individuele kinders en volwassenes, groepe, gesinne, paartjies en gemeenskappe. ’n Navorsingsopdrag wat 25% van die finale punt uitmaak, word ook vereis.​​


NAGRAADSE KWALIFIKASIES​​​​ 
 HONNEURSGRADE
​​  MAGISTERGRADE  DOKTORALEGRADE
Aansoekproses