Maties
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Maties101

​​​​​
Maties101 is 'n aanlyn geleentheid wat deur ons Rektor en Visekanselie​r, prof. Wim de Villiers, en die fakulteitsdekane aangebied word. Dit is 'n geleentheid vir alle voornemende Maties, wat hul aanbod aanvaar het, om eerstehandse ervaring op te doen oor wat die US bied en wat om te verwag.​​

Die geleentheid is 'n week lange viering wat elke fakulteit aan voornemende Maties tentoonstel. Dit behels ook intydse vraag-en-antwoord-sessies waar jy jou vrae kan indien en dadelik antwoorde ontvang.

Sluit hier by ons aan: https://bit.ly/3xYrEEA (kliek op LIVE)​

Program
*Elke fakulteit sal unieke sessies vir hul studente aanbied.

Datum: 2 Oktober
17:30 Teologie
18:45 Lettere en Sosiale Wetenskappe

Datum: 3 Oktober
17:30 Regsgeleerdhei
​18:45 Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Datum: 4 Oktober
17:30 Opvoedkunde
18:45 Ingenieurswese

Datum: 5 Oktober
17:30 AgriWetenskappe
18:45 Natuurwetenskappe

Datum: 9 Oktober
17:30 Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

Jy sal die skakel voor die aanvang van die sessies ontvang.

Dit sal vir ons 'n voorreg wees om jou en jou ouers of voogde by hierdie geleentheid te verwelkom.

​​