OPEDAGWEBTUISTE: 6 April–31 Julie 2024


Op die Universiteit Stellenbosch se opedagwebtuiste kry jy ál die inligting wat jy nodig het oor ons instelling, op een gerieflike plek.

Wees proaktief en besoek die webtuiste om meer uit te vind oor ons studieprogramme, toelatingsvereistes, huisvesting, finansiële bystand, en hoe om aansoek te doen. 

MOENIE UITMIS NIE. REGISTREER HIER: https://forms.office.com/r/bJ9bUr4Sp9​ ​

Wat is alles op die webtuiste te kry? 

Die opedagwebtuiste bestaan uit virtuele stalletjies waar jy na inligtingsessies sal kan kyk, brosjures en dokumente kan aflaai en met 'n adviseur kan gesels.

Alle video's en inligting sal op aanvraag beskikbaar wees, waar en wanneer dit jou pas.

Sodra jy op die webtuiste is, sal jy die volgende opsies sien:

  • Rektorsverwelkoming
  • Kampustoer
  • Stellenbosch in 'n neutedop
  • Wat jy kan studeer
  • Wat jy moet weet
  • Studentelewe
  • Loopbaanadvies 

​Onthou, aansoeke om in 2025 by die Universiteit Stellenbosch te studeer open op 1 April 2024.

Vir verdere inligting, gaan na www.maties.com of kontak ons op een van die volgende maniere:  

📱 WhatsApp “hi" na 061 729 8858
☎ Bel ons by 021 808 9111
📧 Stuur 'n e-pos na info@sun.ac.za

​​​​