Maties
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Aansoekdokumente

​​
Neem asseblief kennis: meer as een van die volgende vereistes kan op jou van toepassing wees.

Afskrifte van jou oorspronklike dokumente moet gestempel en geteken wees deur die skool, instituut, openbare notaris, of ’n Kommissaris van Ede. Indien jy die Posdiens of Polisiediens gebruik, moet jy asseblief seker maak dat die datum, naam, handtekening, en rang van die offisier by die stempel ingesluit is

HUIDIGLIK IN FINALE SKOOLJAAR

Suid-Afrikaanse skoolstelsel​

  • Finale graad 11-uitslae: Skool resultate volgens die riglyne van die Departement van Onderwys.

​Internasionale skoolstelsel

  • Voorfinale jaar (graad 11) soos ontvang vanaf die uitreikingsliggaam: Indien jy by 'n internasionale skoolstelsel ingeskryf is, byvoorbeeld vir 'n Cambridge, Internasionale Baccalaureus (IB) of vir 'n VSA- Hoërskooldiploma, moet jy met jou graad 11-uitslae (voorfinale jaar) aansoek doen.
  • Finale jaar skoolvakke met vlakke: Verskaf ook asseblief 'n amptelike lys van die vakke wat jy in jou finale skooljaar neem (graad 12/13) met vlakke, insluitend vakke wat jy herskryf. Die skool kan dit bevestig met 'n verslag, 'n brief, of bewys van inskrywing.

Om te verseker dat jy die aan die vereistes vir Matrikulasievrystelling voldoen, besoek die Universiteite Suid-Afrika se webtuiste by http://mb.usaf.ac.za vir verdere inligting oor Matrikulasievrystelling.


REEDS FINALE SKOOLJAAR VOLTOOI

Suid-Afrikaanse skoolstelsel

  • Finale graad 12-uitslae: Nasionale Senior Sertifikaat(NSS) of Onafhanklike Eksamenraad (IEB)/Verklaring van simbole van finale skooluitslae.
  • Herhaling/Opgradering of Hermerk: Dui asseblief op die aansoek aan of u resultate verbeter. Jy sal die dokument kan oplaai wanneer jy jou skoolinligting invoer.

Internasionale skoolstelsel

  • Finale jaar resultate met vlakke/persentasies: Amptelike finale resultate ontvang van die uitreikingsliggaam (Cambridge Internasionaal, Internasionale Baccalaureus, ens.) asook;
  • Voltooide vooreinduitslae (graad 11) soos ontvang vanaf die uitreikingsliggaam: As jy by 'n internasionale skoolstelsel ingeskryf was, byvoorbeeld Cambridge, International Baccalaureate (IB) of vir 'n VSA Hoërskool Diploma, moet jou aansoek jou voltooide pre-finale (Graad 11) uitslae insluit.

Om te verseker dat jy die aan die vereistes vir Matrikulasievrystelling voldoen, besoek die Universiteite 

Suid-Afrika se webtuiste by http://mb.usaf.ac.za vir verdere inligting oor Matrikulasievrystelling.

As jy die Amerikaanse hoërskoolstelsel voltooi het, moet jy ook die nodige vrystellingsdokumente verskaf soos op die USAf-webtuiste vereis word by https://mb.usaf.ac.za/united-states-of-america/.

Dit is gewoonlik net moontlik om aansoek te doen vir 'n formele sertifikaat van Universiteitsvrystelling gedurende jou eerste
jaar van studies, so jy het dit dalk nog nie beskikbaar wanneer jy vir die eerste keer registreer nie. Jy sal wel kan registreer as jy kwalifiseer vir Matrikulasievrystelling soos deur die Universiteit geassesseer. 

HUIDIGLIK GEREGISTREER BY 'N TERSIÊRE INSTELLING (INSLUITEND DIE UNIVERSITEIT STELLENBOSCH)

​Finale skoolverlating-uitslae
Verwys na die inligting wat ons vir verskillende skoolstelsels vereis in die vorige afdeling van hierdie dokument.

Bewys van registrasie
Amptelike bewys van registrasie van die tersiêre instelling wat jou vakke/modules vir die huidige jaar insluit met voorlopige punte, indien dit beskikbaar is wanneer jy aansoek doen.

Akademiese rekord
Volledige akademiese uitslae van elke voltooide akademiese jaar. 

Ons kan ongelukkig nie aanlynresultate/dokumente wat by selfdiensportale verkry is aanvaar nie.

 

​REEDS EEN OF MEER KWALIFIKASIE(S) VOLTOOI/VOORHEEN GEREGISTREER BY 'N TERSIÊRE INSTELLING

​(INSLUITEND DIE UNIVERSITEIT STELLENBOSCH)

Grade, Diploma(s) en Sertifikaat(s)

Amptelike afskrif(te) van die kwalifikasie(s) wat jy voltooi het, word vereis as jy reeds gegradueer het.

'n Bewys van voltooiing sal tydelik aanvaar word as jy die kwalifikasie voltooi het maar nog nie gegradueer het nie. Vir internasionale kwalifikasies moet die bewys van voltooiing nie ouer as vyf jaar wees vanaf die datum waarop die graad toegeken is nie. Vir Suid-Afrikaanse Hoër Onderwysinstellings moet bewys van voltooiing nie ouer as een jaar wees nie.

Volledige akademiese rekord

'n Amptelike afskrif van jou volledige akademiese rekord (elke jaar van inskrywing) word vereis, of die kwalifikasie voltooi is of nie.


NIE-AKADEMIESE DOKUMENTE WAT ONS NODIG HET


Studentesteunvorm: Van toepassing op alle studente met een of meer gestremdhede wat addisionele ondersteuning benodig.

Immigrasiestatuspermit: Jou bewys van permanente verblyf-, vlugteling- of asielsoekerstatus as jy nie 'n Suid-Afrikaanse burger is nie.

Visuele Kunste Portefeulje: ​Alle aansoekers wat vir BA Visuele Kunste aansoek doen, moet hul voltooide portefeulje nie later nie as 1 September na visualartapplication@sun.ac.za stuur.

Studentekontrak: ​Indien jy enige aanbod wat deur Stellenbosch Universiteit aan jou gemaak is aanvaar, sal daar van jou verwag word om 'n kontrak in te dien by aanvaarding. 

Maak seker dat jou elektroniese kopieë duidelik en leesbaar is en dat ons alles op die bladsy maklik kan lees. As ons nie kan nie, sal ons jou vra om die dokument weer in te dien, wat jou aansoek sal vertraag. Ons verkies PDF-dokumente, maar jy kan ook doc-, docx-, jpg-, jpeg- en png-lêers oplaai. Ons kan nie aansoeke oorweeg as ons dit nie teen die sluitingsdatum ontvang nie.