Afrikaans & Dutch
Welkom by Universiteit Stellenbosch

VER[r]AS

​​​​Oor VER[r]AS


Die Departement Afrikaans en Nederlands se studentekomitee (oorspronklik ​ASK – Afrikaanse Studiekring) staan bekend as VER[r]AS – die Vereniging vir Afrikaansstudente. VER[r]AS word deur ʼn studentekomitee bestuur en bestaan gewoonlik uit voorgraadse studente wat Afrikaans en Nederlands as vak neem. Deur die loop van die jaar reël die komitee verskeie sosiale geleenthede vir s​tudente rondom bepaalde temas wat met Afrikaans verband hou, byvoorbeeld Afrikaanse filmaande, poësie-aande en selfs vasvra- en speletjiesaande.

Een van die belangrikste bedrywighede van die VER[r]AS-komitee is die saamstel van die jaarlikse studentebundel Penseel. Penseel is ’n bundel met ’n lang geskiedenis in die Departement Afrikaans en Nederlands. Dit is in 1969/70 deur Fanie Olivier en Danie Botha gestig onder beskerming van die ​​ASK. Sedertdien is die bundel bykans elke jaar gepubliseer. Van die digters en skrywers wie se werk oor die jare in Penseel gepubliseer is, is vandag bekende figure in die Afrikaanse literêre wêreld – Zandra Bezuidenhout, Kerneels Breytenbach, Charles Fryer, Rachelle Greeff, Helena Gunter, Joan Hambidge, Daniel Hugo, André le Roux, Sonja Loots, Fanie Olivier, Alfred Schaffer, Etienne van Heerden en Marlene van Niekerk – om maar 'n paar te noem.

Penseel is vandag steeds ’n studentebundel. Alle studente aan die Universiteit Stellenbosch kan hulle oorspronklike Afrikaanse gedigte of kortkortverhale inskryf om moontlik in Penseel gepubliseer te word. Die inskrywings word deur ’n paneel keurders beoordeel, en die beste bydraes word dan in die bundel gepubliseer. 

Vir meer inligting oor die VER[r]AS-komitee of oor Penseel of vir enige navrae, stuur gerus ’n e-pos na penseel@sun.ac.za.


Penseel 2023

Penseel 2023 is beskikbaar! Verkope lyk goed. E-pos vandag nog vir ​​me Willemien Engelbrecht om jou kopie te kry. Opskud!

Penseel 2023 = R85
Penseel 2023 + Penseel 2022 = R120
Ouer uitgawes = R20

VER[r]AS het Maandag 11 Maart 2024 om 19:00 in die Hofmeyersaal die 2023-uitgawe van Penseel tydens ’n privaat funksie bekendgestel. Emma Olivier was die redakteur van die 2023-uitgawe en keuring is deur dr Amanda Maraisdr Alfred Schaffer en mnr Marius Swart gedoen.

Penseel het ’n luisterryke geskiedenis wat terugstrek na 1969/1970 en ’n inisiatief van die toe-nog-onbekende Danie Botha en Fanie Olivier. Sedertdien het skrywers soos Joan Hambidge, Daniel Hugo, Loftus Marais en Marlene van Niekerk almal bydraes gelewer. Die uitgawes van 2021 en 2022 verdien hulle plek in die geskiedenis omdat hulle verskyn het en saamgestel is tydens die Departement Afrikaans en Nederlands se honderdste bestaansjaar.​​


Die VER[r]AS-komitee vir 2024

Voorsitter
Tesourier

Willemien Meyer

Sekretaris
Mari Koegelenberg
Ondervoorsitter

Kobus Erasmus


​​



Penseel Voorblad 2020.jpgPenseel 2021 Voorblad.pngPenseel voorblad 2022.jpg