Oor VER[r]AS
Die Departement Afrikaans en Nederlands se studentekomitee (voorheen ASK – Afrikaanse Studiekring) staan bekend as VER[r]AS – die Vereniging vir Afrikaansstudente. VER[r]AS word deur ʼn studentekomitee bestuur en bestaan gewoonlik uit voorgraadse studente wat Afrikaans en Nederlands as vak neem. Deur die loop van die jaar reël die komitee verskeie geleenthede vir medestudente rondom bepaalde temas wat met Afrikaans verband hou, byvoorbeeld Afrikaanse filmaande, poësie-aande en selfs vasvra- en speletjiesaande.
Een van die belangrikste bedrywighede van die VER[r]AS-komitee is die saamstel van die jaarlikse studentebundel
Penseel.
Penseel is ’n bundel met ’n lang geskiedenis in die Departement Afrikaans en Nederlands. Dit is in 1969/70 deur Fanie Olivier en Danie Botha gestig onder beskerming van ASK. Sedertdien is die bundel bykans elke jaar gepubliseer. Van die digters en skrywers wie se werk oor die jare in
Penseel gepubliseer is, is vandag bekende figure in die Afrikaanse literêre wêreld – Zandra Bezuidenhout, Kerneels Breytenbach, Charles Fryer, Rachelle Greeff, Helena Gunter, Joan Hambidge, Daniel Hugo, André le Roux, Sonja Loots, Fanie Olivier, Alfred Schaffer, Etienne van Heerden en Marlene van Niekerk – om maar 'n paar te noem.
Penseel is vandag steeds ’n studentebundel. Alle studente aan die Universiteit Stellenbosch kan hulle oorspronklike Afrikaanse gedigte of kortkortverhale inskryf om moontlik in Penseel gepubliseer te word. Die inskrywings word deur ’n paneel keurders beoordeel, en die beste bydraes word dan in die bundel gepubliseer. Die bekendstelling van die bundel vind gewoonlik in die vierde kwartaal plaas, kort voor die klasse vir die jaar sluit. By hierdie bekendstellingsgeleentheid kry die jong digters en skrywers wie se werk in die bundel verskyn dan die geleentheid om van hulle gedigte of kortkortverhale aan ’n gehoor voor te lees.
Vir meer inligting oor die VER[r]AS-komitee of oor
Penseel of vir enige navrae, stuur gerus ’n e-pos na
penseel@sun.ac.za.
Penseel 2023
Inskrywings vir Penseel 2023 is oop!
Dis nou die tyd om jou Afrikaanse gedigte of Afrikaanse kortverhaal in te skryf en deel te word van hierdie fantastiese tradisie.
Reëls
1. Jy moet ’n US-student wees om jou werk vir keuring in te stuur.
2. Jou inskrywings moet in Afrikaans wees (maar dit beteken enige variëteit van Afrikaans).
3. Jy kan ’n maksimum van vyf (5) gedigte en/of ’n maksimum van twee (2) kortverhale wat nie langer as 2 000 woorde is nie, instuur.
Hoe om in te skryf
E-pos jou inskrywings aan die redaksie met PENSEEL 2023-INSKRYWING in die onderwerpreël.
Inskrywings sluit Woensdag 13 September 2023.
Die VER[r]AS-komitee vir 2022
Voorsitter |
Anouk Cronje | |
Addisionele lede
| Cameron Jo Benjamin |
Ondervoorsitter
| Rentia Meyer | |
|
Maya Joubert |
Sekretaris |
Duné van Jaarsveld | | | |
Penseel
VER[r]AS het Dinsdag 11 April 2023 om 19:00 in die Hofmeyersaal die 2022-uitgawe van
Penseel tydens ’n privaat funksie bekendgestel.
Keuring vir die 2022-uitgawe is deur
dr Amanda Marais,
dr Alfred Schaffer en
mnr Marius Swart gedoen.
Penseel 2022 is uitverkoop! Wil jy nog jou eie kopie hê? As die aanvraag groot genoeg is, sal VER[r]AS dit laat herdruk. E-pos
me Willemien Engelbrecht om jou naam op die lys te kry.
Die 2022 redaksie bestaan uit Cameron Jo Benjamin, Anouk Cronje (redakteur),
Maya Joubert,
Rentia Meyer (assistentredakteur) en Duné van Jaarsveld.
Penseel
het ’n luisterryke geskiedenis wat terugstrek na 1969/1970 en ’n inisiatief van die toe-nog-onbekende
Danie Botha en
Fanie Olivier. Sedertdien het skrywers soos Joan Hambidge, Daniel Hugo, Loftus Marais en Marlene van Niekerk almal bydraes gelewer. Die uitgawes van 2021 en 2022 verdien hulle plek in die geskiedenis omdat hulle verskyn het en saamgestel is tydens die Departement Afrikaans en Nederlands se honderdste bestaansjaar.

