Oor ons voorgraadse modules
Die Departement Afrikaans en Nederlands bied voorgraads twee strome aan: Afrikaanse Taalverwerwing and Afrikaans en Nederlands. Afrikaanse Taalverwerwing is vir studente wat nie Afrikaans Huistaal op skool gehad het nie, maar wat belangstel om Afrikaanse taal en kultuur te bestudeer. Afrikaans en Nederlands is vir studente wat Afrikaans Huistaal en Afrikaans Eerste Addisionele Taal op skool gehad het en wat Afrikaanse en Nederlandse letterkunde en taalkunde wil bestudeer.
Voorgraadse aansoeke vir 2025 open op Maandag 1 April 2024 en sluit op Woensdag 31 Julie 2024.
Klik HIER vir ’n gids tot die aansoekproses. Klik HIER om op SUNStudent aansoek te doen. |
Hoe om jou module te kies
Wil jy Afrikaans studeer maar jy weet nie watter module om te kies nie? Dink aan jou Afrikaanse taalvaardigheidsvlak en kies die module wat die beste daarby pas.
Geen opleiding in Afrikaans nie
OF
Afrikaans Tweede Addisionele Taal | | Afrikaans Eerste Addisionele Taal EN Nie ’n moedertaalspreker nie | | Afrikaans Huistaal
OF
Afrikaans Eerste Addisionele Taal
|
 | |  | |  |
Afrikaanse Taalaanleer 179 (vir vreemdetaalsprekers) | |
Afrikaanse Taalaanleer 189
(vir tweedetaalsprekers)
| | Afrikaans en Nederlands 178
|
Wil jy jou kennis van Afrikaanse taal en kultuur verbeter? Klik op die blokke hieronder om meer te uit te vind.
Let daarop dat Afrikaanse Taalverwerwing 288 (vir vreemdetaalsprekers) uitgefaseer is.
Hoekom sit jy nie jou naam neer om Afrikaanse en Nederlandse letterkunde en taalkunde te bestudeer nie? Klik op die blokke hieronder om meer te uit te vind.
As jy met nagraadse studie wil voortgaan, het jy sowel Afrikaans en Nederlands 318 en Afrikaans en Nederlands 348 nodig.