​​​

Nasionale Normtoets (NNT)

Die NNT is 'n assesseringstoets wat aangewend word vir eerstejaar-aansoekers tot hoëronderwysinstellings. Die toets is ontwerp om jou vermoë te meet om akademiese geletterdheid (taalvaardigheid), kwantitatiewe geletterdheid (syfervaardigheid) en Wiskunde binne 'n tersiêre (hoër onderwys) konteks toe te pas. 

Slegs aansoekers van die School of Tomorrow en aansoekers vir die Fakulteit Regsgeleerdheid.

School of Tomorrow: School of Tomorrow aansoekers moet hulle NNTs voor die einde September 2024 aflê om te verseker dat die resultate beskikbaar is voor registrasie. 

Fakulteit Regsgeleerdheid: 
- BCom Regsgeleerdheid, BRekLLB: AQL & MAT
- BA Regsgeleerdheid, LLB: AQL

Besoek www.nbt.ac.za vir toetsdatums en besprekings. 

Die NTT's vir die Fakulteit Regsgeleerdheid moet teen 31 July geskryf wees. Indien jy nog nie geregistreer het vir die NNT's nie moet jy dit teen die finale geleendheid voor hierdie datum doen.

Indien jy nie aanlyn kan skryf nie, bied die NBT-kantoor ook die geleentheid tot 'n afstandssessie wat d.m.v. e-pos aangevra kan word by nbtremote@uct.ac.za.  Daar is kostes verbonde aan hierdie opsie. Meer inligting kan op hul webwerf, www.nbt.ac.za, gevind word.

Indien jy enige probleme ondervind of hulp benodig, kontak die NBT-hulptoonbank per e-pos nbt@uct.ac.za of skakel 021-650-3523 .​